Dr. Elizma van der Smit clinical psychologist                      

Therapy for Individuals, Families and Couples                                                                                                     

       The Time Has Come!!! It is time to be better!!



Die genderrevolusie en jou huwelik

 

Deur Elizma van der Smit                                                                                                                B.A., B.A. Honns.,M.A. Klin. Psig. (PU vir CHO), M.Phill (PPL) (RAU)

 


  1.  Wat is die impak van veranderde geslagsrolle op die huwelik?

Eers moet daar gekyk word na wat ‘n geslagsrol werklik is.  Geslagsrolle is die gedrag, houdings, waardes en ander dinge wat ‘n sekere kultuur glo toepaslik is vir mans en vroue.  Dir tradisionele seining is die van “broodwinner/huisvrou”, maw die man gaan werk en die vrou versorg die huis en kinders.  Dan is daar ook die “gemengde-tipe” waar die vrou ‘n minder absorberende werk het en daarom steeds die huis en gesin kan versorg.  Laastens is daar die”gelyke-tipe” huishouding waar beide die man en vrou veeleisende betrekkings het en waar die huistake en kinderversorging gelykop verdeel word.  Oor tyd het omstandighede so verander dat al hoe meer vroue werk, deels om die finansiele las te verlig, maar ook omdat  hul as individue ook die behoefte het om te ontwikkel en ‘n bydrae in die arbeidsmark te maak.  Die gevolg is dat vroue dikwels moet kies tussen ‘n beroep en ‘n gesin.  Indien hul altwee wil he, ervaar hul geweldige stres aangesien vroue steeds die meeste van die huis en kinderversorging pligte vervul (al help die mans).  Dit lei ook tot baie werkstres aangesien hul min simpatie van die baas ontvang.  Mans word nie met dieselde keuse gekonfronteer nie aangesien daar nie aanvaar word dat hul die primere versorger is nie.  Hierdie verandering in geslagsrolle veroorsaak dikwels verwarring, verhoogde stres en bitterheid jeens die huweliksmaat aangesien daar nie meer ‘n ons onderskeie verwagtinge voldoen word nie.

 

  1.  Waarom ervaar mense probleme in die huwelik sedert die vrou nie meer die tradisionele rol inneem nie?

Navorsing het getoon dat huwelike waarin die vrou ‘n veeleisende beroep beklee, meer geneig is om in die skeihof te eindig.  Weens die veranderde geslagsrol van die vrou, is hul ook geneig om kinders te he, en indien hul wel kinders het, is hul meer geneig om ongelukkig met hul situasie te wees.  Soos wat die vrou meer suksesvol in haar werk word en gevolglik meer geld verdien, so kan die man toenemend minderwaardig en ongelukkig word.  Minder tyd is beskikbaar vir die huishouding en vir mekaar, wat ‘n negatiewe impak op die huwelik het.  Dikwels ervaar die vrou baie skuldgevoelens in terme van haar man en kinders. Die grootste ongelukkigheid spruit egter uit die feit dat ons sekere verwagtinge van die huwelik en my maat het, maar dat hy of sy tans nie in my verwagtinge voldoen nie.  Weens die veranderde geslagsrolle probeer die meeste huwelike ‘n mate van balans tussen werk en persoonlike lewe handhaaf, iets wat dikwels nie moontlik is nie!

  1. Hoe kan hierdie probleme oorkom word?

 

  • Gaan sit om ‘n tafel en klaar jul verwagtinge uit.  Antwoord byvoorbeeld die volgende vrae:
  1.  Wat verwag ek dat die man/vrou in die huis moet doen?
  2. Wat verwag ek moet die man/vrou vir die kinders doen?
  3. Wat verwag ek moet die mand/vrou in die huwelik doen?
  4. Waar verskil ons verwagtinge?
  5. Wat kan ons doen om ‘n kompromie te bereik?
  • Klaar vir jouself uit wat vir jou belangrik is.  Wat vir een ou werk sal nie noodwendig vir iemand anders werk nie.  Moenie vashaak by wat jou ouers gedoen het of by wat die Smitte langsaan doen nie. Is die gesin en werk vir jou ewe belangrik of nie?  Prioritisering is die besef dat jy nie alles sal kan doen nie.  Besluit wat belangrik is en “don’t sweat the small stuff”.
  • Delegeer take, maar maak seker dat elke lid van die gesin en veral jou man, ingekoop het op die idee.  Spandeer tyd om te gesels oor die take en hoekom dit belangrik is.  Kyk waar aanpassings gemaak kan word.  Sodoende doen ons die take omdat ons so besluit het en nie omdat ons “moet” nie (algemene problem in huwelike)!  In hierdie geval veroorsaak veranderde geslagsrolle die geleentheid om mekaar beter te ondersteun en te verstaan.
  • Beplan aktiwiteite deeglik en skeduleer dit in jou dagboek.  Maak seker dat, sover jy kan, dat werk nie inmeng op persoonlike atiwiteite nie.  Sit af die foon wanneer jy en jou man koffie gaan drink! 
  • Vat net ‘n week op ‘n slag!  Neem sondae aande ‘n tydjie en bespreek jou verwagtinge en behoeftes van die week met jou maat!  Fokus net op die verhouding en vra jou maat wat het gewerk in die week wat verby is en wat het nie gewerk nie! Luister na jou maat se terugvoer, stel doelwitte en skeduleer dit .Herhaal elke week!