Dr. Elizma van der Smit clinical psychologist                      

Therapy for Individuals, Families and Couples                                                                                                     

       The Time Has Come!!! It is time to be better!!

Die sensitiewe kind.

 

Deur Elizma van der Smit   B.A., B.A. Honns.,M.A. Klin. Psig. (PU vir CHO), M.Phill (PPL) (RAU)


  1. 1. Hoe ken jy ‘n sensitiewe kind uit en watter uitdagings beleef hul?

Die baie sensitiewe kind is dikwels intelligent en kreatief en stel hulself maklik in op ander mense en hul  gevoelens.  Hul toon dikwels ‘n diepe empatie en omgee vir ander mense.  Tog is hul ook klouerig en huilerig, soms ook baasspelerig en veeleisend.  Soms is hul al hierdie eienskappe op dieselfde tyd!!  Hulk an lang vloermoere gooi oor kleinighede (byvoorbeeld my skoen voel snaaks).  Hul skree wanneer jy hul by ‘n bekende oppasser los.  Onderwysers kla dat die kind aandagafleibaar is omdat hul aan te veel dinge op een slag aandag gee.  Ouers van sensitiewe kinders voel dikwels gefrustreerd, hulpeloos, kwaad en gemanipuleer deur hul buierige klein “prins” of “prinsessie”.


Die sensitiewe baba of kleuter

Is dikwels die koliek, geirriteerde en veeleisende baba.  Hul huil omtrent die hele tyd gedurende hul eerste lewensjaar (of so voel dit vir die uitgeputte ouer) en wil voortdurend vasgehou word. Normale aktiwiteite soos doek omruil, eet en slaap word dikwels ‘n oorlog tussen ouer en baba.  Nuwe klanke, reuke, mense en beelde sal hul dikwels oorweldig en laat huil.

Hierdie baba word dank dikwels die klouerige en veeleisende kleuter. Hul is klaerig en kan oor en oor “mamma-mamma” se.  Die kleuter kan vreeslike “tantrums” gooi wanneer hul van hul ouers geskei word.  Hul slaap nie goed nie en kan dikwels aggressief teenoor ander kinders optree, maw hul kan knyp of byt wanneer hul bang of bedreigd voel.  Hul is dikwels te versigtig en bang om te eksploreer en te skaam om maaitjies te maak.


Die sensitiewe voorskoolse kind

Hierdie kind se taalgebruik is dikwels baie goed en kan uitgebreide verduidelikings vir sommige bang gevoelens gee(bv ek weet as jy my lig afsit gaan die skelms my kom kry.  Toe die lig aan was het hul klaar gesien waar ek is en daarom moet ek nie in my bed slaap nie).  Met hul uitgebreide logika kan hul jou “dwing” om alles te doen wat hul wil he bv “die broodjie maak my mond seer” of “jy koop die verkeerde pap, want hierdie pap se boks is ‘n ander kleur en dit proe snaaks”.  Hul is steeds veeleisend en baie angstig in die omgewing van nuwe ervarings.


Die sensitiewe skoolgaande kind

Sensitiewe skoolkinders kan hulself verloor in ‘n ryk verbeelingswereld.  Hul kan buierig, selfgesentreerd en veeleisend voorkom.  Soms sal hul fantasie vermy omdat dit hul angstig maak en kan daarom ook passief en skaam wees.  In die skool absorber hul die skoolwerk baie vinnig of hul kan oorweldig voel deur so baie nuwe dinge en mense.  Hul is dikwels op die kantlyn waar hul die ander kinders se aktiwiteite dophou en is baie sensitief vir speelgrond politiek en daarom soms bitter eensaam. 

Later in skool kan hul die een oomblik sterk, empaties en volwasse voorkom.  Later die dag kan hul huilerig raak en onder die tafel inkruip.  Dit voel dikwels soos ‘n wipwaentjie rit saam met jou kind.


Die sensitiewe tiener.

Die sensitiew tiener is dikwels angstig en probeer dinge vermy  soos toets skryf en om op te tree voor mense. Hul voel dikwels angstig vir geen ooglopende rede.  Soms is hul vreeslik geirriteerd en sluit hul hulself af van die buitewereld.  Hul sukkel dikwels om te slaap en soek dikwels ‘n plek waar dit “stil” is.  Jou tiener kan ook kla van hoofpyne of maagprobleme vanwee die hoe stresvlakke.  Hul kan ook geneig wees om te rook, dwelms en alkohol te gebruik om hul oorsensitiwiteit te probeer beheer.


2.  Hoe beleef die sensitiewe kind sy wereld? Is hy werklik stout?

Dink jou in hoe jy sal voel as jy ‘n rock-konsert bygewoon het nadat jy die vorige aan die een koppie koffie na die ander weggeslaan het.  Harde klanke sal waarskynlik regdeur jou beweeg en flitsende ligte en malende liggame sal jou totaal oorweldig.  Baie sensitiewe kinders voel so op ‘n daaglikse  basis.  Daar is geenbeskerming tussen hul en die wereld nie.  Hul voel dikwels asof dinge met hulself gebeur en dat hul geen beheer daaroor het nie.  Dit is asof hul ‘n baie “dun vel” het teen mense en moontlike vernedering.

Dink hoe ons sintuie vir ons plesier verskaf.  Ons word kalmeer deur sagte aanraking, ‘n arm om die skouer.  Ons geniet die reuk van vars, skoon klere en ons glimlag vir die helder gesig van ‘n hanswors.  Hierdie sensasies is egter baie anders vir die sensitiewe kind.  Aanraking kan grof ervaar word en sommige geluide kan so hard soos ‘n ramshoring klink.  Sekere reuke en helder kleure kan totaal oorweldigend wees!  As gevolg van hierdie oorweldiging reageer hul dikwels met huilery, angstigheid en aggressie. Om bloot ‘n kind as “stout” te sien kan dus nie verder van die waarheid af wees nie!

Aangesien die sensitiewe kind so ingestel is op verskillende sensasies, ervaar hul die wereld in stukkies eerder as ‘n geheel.  Hul sien die detail raak, maar mis die groter prentjie.  Ons grootmense moet egter ook seker maak dat ons die “groot prentjie” sien as ons in kontak is met sensitiewe kinders.


3. Sensitiewe ouerskap en hoe kan jy jou kind help?

Die sensitiewe kind is nie ‘n maklike kind om groot te maak nie.  Gelukkig kan ons ons kinders help om te ontwikkel tot ‘n kreatiewe mens met uitsonderlike insig.  Deur middel van ouerlike leiding, kan jou kind se sensitiewe “antenna” op die wereld tot sy voordeel gebruik word.

Moet ook nie voel dat - as jy ‘n “beter” ouer m.a.w. meer geduldig, streng, empaties ensovoorts kon wees -sou jou kind baie “makliker” gewees het nie.  Ouers wissel dikwels tussen ongeduld en woede teenoor oorbeskerming en bederf!  Om take vir hom te doen, sal hom/haar selfs meer hulpeloos en afhanklik laat voel.  Skree en slaan sal ook die gedrag vererger aangesien die kind bang en onveilig voel.  Dikwels “split” ons ook die rolle met een ouer as die “kwaai” een en die ander een weer die “sagte” ouer.  Die volgende kan dalk help om jou sensitiewe kind beter te hanteer:


Die sensitiewe kind is nooit bloot melodramatise en maak ‘n bohaai oor “niks” nie.  Hul ervaar inderdaad emosies en sensasies meer intens as ander mense.


Help jou kind om insedente op ‘n skaal van een tot 10 te plaas.  Dink saam met hom wat ‘n 10 kan wees (bv huis brand af) en wat ‘n 1 kan wees (om halfuur vroeer bed toe te gaan).  Plaas dan ook iets wat op ‘n 5 sal le.  So kan ‘n kind gehelp word om die intensitiet van sy emosies en ervarings te kan weergee, maar ook om die toepaslikheid daarvan te toets.


Aanvaar dat jou kind se gevoelens sterk en buite sy/haar beheer is.  Moenie dinge se soos “jy is oorsensitief”  of jy ‘oorreageer” nou nie.  Sulke opmerkings laat die kind selfs slegter voel asof daar iets met hul verkeerd is.  Jou kind sal heel waarskynlik leer om sy emosies effektief te hanteer en bo sy tydgenote uit te styg!

Ander voel weer dat effektiewe ouerskap 4 elemente moet he nl:

Die sensitiewe kind het meer empatie  en buigsaamheid nodig.  Terselftertyd het hul ook meer struktuur en fermheid nodig.  Gebruik dus meer van beide.  Probeer dus meer ‘n sagter empatiese stemtoon kweek wanneer hul oorweldig is, sonder om in te gee!

Struktuur en perke is noodsaaklik aangesien die kind se liggaam en wereld dikwels buite beheer voel.  Die idee is om soos ‘n “Smokey the Bear” te wees, warm en vriendelik met ‘n ferm boodskap van individuele verantwoordelikheid.

Gevoelens van hulpeloosheid is ongemaklik vir die kind en indien dit voortduur, kan die kind kwaad word vir homself en selfs depressiewe simptome ontwikkel.  Help jou kind om maniere te kry wat hul meer veilig en effektief kan laat voel.  Soos om bv die baba se speelding ‘n entjie weg te sit en haar/hom aan te moedig van die kantlyn af (al gooi hul ‘n lifelike tantrum).  Leer jou jong kind om aan meer as een oplossing te dink en moedig hul aan om die probleem te hanteer.

Maak jou kind bewus van sy gevoelens en copingmeganismes.  Help hul onderskei tussen verskillende emosies en ook tussen die intensiteit daarvan.  Moedig hul aan om meer uit te brei oor die gevoel .  Jou doel is om jou kind te help om meer te doen as om bloot op hul gevoelens te reageer met bv. woede en vermyding.


4. Die sensitiewe seun

Ouers van sensitiewe seuns vind dat dit dikwels moeilik is vir hul sensitiewe seun om nie emosioneel te word wanneer hy met konflik op problem in aanraking kom.  Dit voel dikwels of die seun “pieperig”  of “’n sissie” is en nie kan opstaan vir himself nie.  Moenie probeer om hom “sterk” te maak nie, maar help hom eerder om sy emosies te kommunikeer en te hanteer.  Erken ook sy goeie hart en sosiale vaardighede as sterkpunte eerder as om op sy emosionele “sagtheid” te fokus.

Sensitiwiteit ka nook ‘n aanwins  vir die seun wees en waaksaamheid en persepsie van sy omgewing verbeter.  Hul kan dinge duideliker “sien” en beter daarvolgens beplan.  Natuurlik kan dit ook hul persoonlike verhoudings verdiep en versterk.  Vermy dit ook om jou sensitiewe kind teen die wereld te probeer beskerm maar stel hom geleidelik aan moeilike situasies bekend, selfs al bied hy weerstand.  Die sensitiewe seun word later die uitsonderlike onderwyser, dokter, kunstenaar, man en pa!