Dr. Elizma van der Smit clinical psychologist                      

Therapy for Individuals, Families and Couples                                                                                                     

       The Time Has Come!!! It is time to be better!!

Eerste indrukke

Deur Elizma van der Smit    B.A., B.A. Honns.,M.A. Klin. Psig. (PU vir CHO), M.Phill (PPL) (RAU)

Ons vorm reeds van kindsbeen af eerste indrukke op grond van uiterlike.  Waarom is ons geneig om dit te doen?

Kenners verskil oor die tyd wat dit ons neem om eerste indrukke te vorm.  Oor die algemeen het ons maar net ‘n paar sekondes nodig om seker besluite oor iemand te neem.  Hierdie vermoe of vaardigheid is afkomstig van ons oer voorouers.  Wanneer hul mense of diere gesien het, het hul net oomblikke gehad om dit wat hul sien te beoordeel te besluit of dit veilig is al dan nie om hierdie mense of dier te benader.  Indien hul verkeerd was, was hul dood!  Dit wil dus voorkom asof ons gebore is om eerste indrukke te maak en daardeur onsself veilig te probeer hou!

  1. Eerste indrukke is blywend, se die spreekwoord.  Speel dit werklik so ‘n groot rol en kan dit verander word?

Eerst indrukke speel inderdaad ‘n baie groot rol.  Dit is soos die bril wat jy opsit elke keer wanneer jy in die toekoms na die persoon sal kyk!  As jou eerste indruk van iemand was dat hy “kwaai is” sal elke optrede daarna daarvolgens beoordeel word.  Indien die persoon dan hard praat om bo die geraas uit te kom, sal jy dit egter sien as ‘n bevestiging dat hy “kwaai” is!  Die hartseer is dat ons bitter selde hierdie brille afhaal en dit maak dikwels nie saak hoe aangenaam iemand is nie, ons sal altyd op die uitkyk wees vir die “kwaai” gedrag!

Of oorweeg die volgende:  Jy ontmoet Sarie vir die eerste keer vir koffie.  Die oomblik wat jy haar sien neem jy ‘n “foto” van haar rooi hare, glimlag en oorgewig lyf.  In die ontwikkelingskamer van jou brein toets jy die foto teen dit wat jy ervaar het van vriendelike oorgewig rooikoppe en ook teen dit wat jy geleer is van vriendelike, oorgewig rooikoppe.  Binne 30 sekondes is die foto ontwikkel en sien jy Sarie as aangenaam, maar humeurig en lui.  Dit sal jou blywende indruk bly tensy jy baie tyd met Sarie spandeer en dinge sien wat die teendeel bewys!

  1. Wat ontneem mens jouself deur ander op grond van hul uiterlike te stereotipeer?

Indien jou “foto” van Sarie negatief was, mis jy dalk uit op die wonderlikste persoon in die wereld!  Sy is dalk allesbehalwe lui en humeurig, maar dit sal jy nooit weet nie omdat jy nie weer ‘n afspraak met haar sal maak nie.  Verkeerde persepsies het ‘n invloed op die kwaliteit on ons vrienskappe en daarom ook op die kwaliteit van ons fisiese en emosionele lewe. 

Stereotipering ka nook jou kritiese denke en besluitnemingsprosesse negatief beinvloed met verrykende gevolge in jou persoonlike en werkslewe.

Negatiewe tereotipering beinvloed ook jou eie prestasie nadelig. As jy dink mooi mense is slimmer as jy , sal jy ook swakker vaar as gevolg daarvan.

  1. 4.       Om watter rede oordeel mens?  Is daar een of ander payback soos om beter te voel oor jouself?

Ons emosies en emosionele welstand speel ‘n belangrike rol in hoe ons mense beoordeel.

Navorsing het getoon dat as jy ‘n warm koppie koffie vashou terwyl jy iemand vir die eerste keer ontmoet, sal jou eerste indrukke meer positief wees – en dit het niks met die persoon self te doen nie!!  Dink maar aan Valentines Day as jy alleen is!  Is jy ook geneig om al die gelukkige paartjies raak te sien en voel daarom selfs meer eensaam en lelik?  Jou emosionele toestand maak dat jy nie die gelukkige enkellopende mense raaksien nie!  Indien jy onseker is oor jou eie voorkoms sal jy makliker daarop ingestel is om mense vetter en leliker raak te sien, en sal dit jou tydelik laat beter voel oorself.  Of ons feite reg is of nie, ons probeer onsself deurentyd beskerm en sal raaksien wat ons “wil” om fisies en emosioneel veiliger te voel.  Die teenoorgestelde is natuurlik ook waar.  Indien ons gelukkig is, sal ons minder bedreig voel en daarom ook meer positiewe indrukke van ander ontwikkel.  As ek weet dat ek nie honger of koud gaan wees nie, is ek nie so bang dat jy my hout sal steel nie en is ek aangenamer teenoor jou!

  1. Hoe kom mens los uit die patroon?  Wat moet mens in gedagte hou wanneer jy iemand vir die eerste keer ontmoet?  Wat is ‘n gesonde benadering tot mense?

Wanneer jy iemand vir die eerste keer ontmoet het of gaan ontmoet, onthou die volgende stappe om die gevaar van eerste indrukke en stereotipes te vermy:

  1.  Weet dat jy ook aannames maak en stereotipeer.  Dis nie net mevrou dokter wat dit doen nie!
  2. Hou ingedagte dat mense dikwels ook die verkeerde indruk van jou kry op grond van dinge wat niks met jou uit te waai het nie!
  3. Evalueer hoe die persoon jou laat voel en vra jouself af hoekom.  Byvoorbeeld laat pragtige Sarie my onseker oor myself voel omdat ek nie so mooi is soos sy nie?
  4. Onthou jou agtergrond en opvoeding.  Wat het jou ma geglo van pratige meisies?  Is dit waar?  Voel ek so omdat pragtige Annie op skool my sleg behandel het?
  5. Hou omstandighede ook ingedagte.  Is hierdie ‘n kwaai mens of het daar dalk net iets gebeur wat hom ontstel het?
  6. Dink buite die boks!  Net omdat almal dink oorgewig mense is lui, beteken dit nie dit is waar nie!  Laat jouself toe om nuwe mense en omstandighede te ervaar.
  7. Al hou jy nie aanvanklik van iemand nie, doen moeite om die persoon  te leerken en meer tyd te spandeer.