Dr. Elizma van der Smit clinical psychologist                      

Therapy for Individuals, Families and Couples                                                                                                     

       The Time Has Come!!! It is time to be better!!

Foute wat vroue in verhoudings maak.

 

  1. 1.     Te vinnig om te “please”

Om ‘n “pleaser” te wees is ‘n baie vinnige manier om die aantrekking in ‘n verhouding te vernietig en veroorsaak dat dat jou maat jou nie na waarde gaan ag nie.  Baie van ons vroue verstaan nie die verskil tussen “pleasing” en “gee” nie.  “Pleasing” gaan eintlik oor JOU.  Wanneer jy probeer om iemand te “please”, is dit meesal gebore uit jou eie behoeftes  en vrese - soos bv  die vrees vir verwerping, konflik of alleenheid, of jy soek iets terug, of jy nodig erkennig dat jy darem OK is, of jy probeer uit die moeilikheid kom as jy ‘n fout began het, ens.  Om te “gee” is gebore uit trots uit.  Dit is wanneer jy werklik omgee vir iemand en vir wat hulle nodig het, en nie vir wat hul graag wil hê nie.

Voorbeelde van “pleasing” gedrag:

  • Wanneer ‘n vrou planne saam met haar vriendinne gemaak het, maar wanneer haar geliefde bel vir ‘n afspraak, verander sy haar planne met haar vriendinne omdat sy binne sleg voel omdat sy “nee” sê vir hom.  Haar besluit is dus gebore uit haar vrees om sy liefde te verloor eerder as wat dit oor hom gaan.
  • Die ma wat alles vir haar kinders gee “uit liefde” uit.  Dit is gebore uit vrees dat sy haar kinders se liefde gaan verloor.

Voorbeeld van “gee”:

  • Om vir jou man te sê dat jy tyd nodig het vir jouself om jou batterye te herlaai sodat jy terug kan kom in die verhouding met meer om te gee.
  • Om grense te stel vir jou kinders omdat jy regtig hul toekoms in ag neem en weet wat hul regtig nodig het

Wat om te doen:

  • Probeer dus om te “gee” eerder as om te “please”.  WAnneer jy ‘n besluit neem, vra jouself af of dit uit ‘n plek van “please” is of uit ‘n plek van werklike “gee”.

 

  1. 2.    Nie duidelik oor haar verwagtinge

Die mees algemene oorsaak van verhoudings konflik is weens onrealistiese en onuitgedrukte verwagtinge.  Elke persoon in ‘n verhouding bring sy eie verwagtinge gewortel in ervarings en verhoudings uit die verlede.  Ons aanvaar dikwels dat die ander persoon sal dink en voel soos ons.  Onrealistiese verwagtinge ontstaan wanneer dink dat ons maats “behoort” so en so op te tree.  Ons maats kan nie ons gedagtes lees nie en wanneer hul nie optree soos wat ons verwag nie, voel ons dikwels seergemaak, kwaad en verward.  Moet ook nie aanvaar dat dit genoeg is dat jy jou verwagtinge duidelik stel nie.  Duidelik stel impliseer nie dat my maat dit duidelik verstaan nie! Onrealistiese en onduidelike verwagtinge word dikwels uitgedruk deur frases soos: “jy het my teleurgestel”, “ek het dit nie van jou verwag nie” of “jy was die laaste persoon wat ek gedink het so iets sal doen”.

Wat om te doen:

  • Leer om werklik te luister.  Dit beteken dat jy die “geraas” in jou kop moet stilmaak en regtig moet fokus op wat jou maat sê.  Moenie reageer voordat die persoon klaar gepraat het nie.  Herhaal wat jou maat gesê het in jou eie woorde en maak seker dat jy eers volkome verstaan voordat jy reageer.
  • Maak seker jou verwagtinge is haalbaar.

 

  1. 3.    Onderskat die effek van stemtoon

Navorsing bevestig dat ons stemtoon ‘n geweldige impak op ons verhoudings het en dikwels is ons nie eers bewus van die boodskappe wat ons stemtoon stuur nie!  Gereelde kritiese, sarkastiese, teleurgestelde, bekommerde, kwaai stemtone kan ‘n verhouding oor die afgrond stuur.  Hoe meer intens hierdie stemtoon, hoe groter die skade. Volgens John Gottman neem dit vyf positiewe interaksies om op te maak vir ‘n enkele negatiewe interaksie.  Huwelike is vir grootmense.  Kinders word dikwels omgekrap, skree en huil maar die vermoë om kalm te bly in moeilike omstandighede is ‘n teken van volwassenheid.

Wat om te doen:

  • Word bewus van jou stemtoon en die boodskap van kritiek, bekommerd, kwaad ens. dit dalk kan oordra.
  • Waak altyd teen ‘n intense stemtoon.  Dit is nooit effektief nie.
  • Kwaad word is nie die probleem nie, maar hoe jy dit uitdruk is wel.  Oorweeg ‘n sagter benadering.
  • Bly kalm onder alle omstandighede.  Onthou:  huwelike is vir grootmense!

 

  1. 4.    Seks is nie ‘n prioriteit nie

Sommige vroue dink seks is “overrated” in a verhouding.  Soms weet ons seks is belangrik, maar ons word so moeg en besig met ons daaglikse verwantwoordelikhede dat ons net nie die belangstelling of energie vir seks oor het nie.  As jy nie oor seks praat, dink of lees nie – gaan jy vergeet daarvan.  Seks is uiters belangrik in ‘n verhouding aangesien dit ons nader aan mekaar bring, ons emosionele welstand en fisiese gesondheid verbeter en dit is ‘n veilighe hawe teen ‘n ongenaakbare wêreld.  ‘n Verhouding wat seksloos (of nie genoeg seks) is ‘n groot bron van konflik, woede, verwerping en hartseer en selftwyfel wat verhoudings uitmekaar kan skeur.

Wat om te doen:

  • Besef dat seks belangrik is en maak dit ‘n pioriteit in jou verhouding.  Vir beide van julle.
  • Gee vir jouself toestemming om te kry wat jy nodig het.  Om begeer te voel en seksueel bevredig te wees is ‘n gesond vir jou en jou verhouding.
  • Praat met jou geliefde oor seks, maar glad nie tydens ‘n argument nie.
  • Wees kreatief in jou sekslewe.

 

  1. 5.    Kommunikasie style verskil

Heelwat paartjies voel dat hul agumente nooit opgelos word nie aangesien hul kommunikasiestyle verskil.  Een geliefde het dikwels ‘n “warm styl” wat impliseer dat hul dadelik dinge wil bespreek en oplos.  Indien dit nie gebeur nie, voel hul angstig, hartseer, kwaad en gepreokkupeerd.  Aan die ander kant het ons gewoonlik die “koue styl” wat nie goed akkodeer met die warm styl se intensiteit nie.  Hul het tyd nodig om af te koel en dinge te deurdink.  Hul verkies om ‘n argument te stop en later te hanteer wanneer hul gereflekteer het en kalmer is.  Hierdie verskil is normaal in verhoudings en baie paartjies leer om dit te aanvaar en te hanteer terwyl ander dit uiters negatief interpreter wat konflik in die verhouding vererger.

Wat om te doen:

  • Sien dit as ‘n probleem in kommunikasie styl eerder as ‘n probleem of fout in jou geliefde.  Moenie dit persoonlik opneem en dit sien as “sy val my aan” of “hy gee nie om nie”, sien dit as ‘n verskil in kommunikasiestyl wat oorbrug kan word.  Aanvaar dat albei style ewe waardig is.
  • As jou geliefde ‘n warm kommunikasie styl het, laat weet hul dat jy dit ernstig opneem, maar maak ‘n afspraak vir later wanneer jy kans gehad het om af te koel en daaroor te dink.  Maak seker dat jy terugkom na die probleem toe en nie aanvaar dat dit opgelos is wanneer die konflik nie meer so intens is nie.
  • Indien jou geliefde ‘n koue styl het, gee hul meer tyd en spasie.  Moenie deur jou punte draf tydens ‘n argument nie, maar hanteer een probleem op ‘n slag.  Hou jou stemtoon kalm en rustig.  Moenie hul terugtrek persoonlik opneem as ‘n gebrek aan liefde en omgee nie.
  1. 6.    Vergeet om jou maat te koester

Vroue laat dikwels na om hul maat te koester.  Om te koester beteken om liefde te voel vir iemand en op ‘n sagte manier vir daardie persoon om te gee.  Almal van ons het ‘n behoefte om iemand se eerste prioriteit te wees. As jy jou maat koester help jy hul om te glo dat hul waardig is en om emosioneel veilig te voel.  Koester hang nie af van emosies of gedrag nie, maar dit is ‘n keuse wat ons maak en ‘n ongelooflike geskenk aan jou maat.  Jou maat moet veilig genoeg kan voel by jou om hul hart en siel oop te maak sonder om deur jou seergemaak te word.  Sien die positiewe in jou maat raak en erken hul waarde en potensiaal.

Wat om te doen:

  • Maak hom jou hoogste prioriteit en wys dat sy gevoelens vir jou belangrik is.
  • Wees ‘n ware vriendin.  Sodoende kan jy sy wapens laat val en ook na jou behoeftes omsien.  Wees aangenaam en moenie hom afbreek nie.
  • Gee vir hom aandag.  Kinders het dit nodig, maar jou man ook.  Komplimenteer home n wys jou waardering.
  • Luister regtig na hom.