Dr. Elizma van der Smit clinical psychologist                      
Therapy for Individuals, Families and Couples                                                                                                     
       The Time Has Come!!! It is time to be better!!
Het jy dalk ‘n selfoonverslawing?
Deur Elizma van der Smit
Wat is die  impak van die slimfone op ons lewe?
Navorsing toon dat ons slimfone alle sosiale kommunikasie behoeftes bevredig.  Dit kan aanleiding gee tot ‘n foonverslawing, met die gevolglike gebrek aan konsentrasie en slaap.  Slimfone het ook ‘n geweldige negatiewe impak op ons werksfunksionering en ons mondelikse kommunikasievaardighede – ons praat nie meer fisies met mekaar nie en word anti-sosiaal.  Slimfone veroorsaak dat mense in ver lande nader word, maar ons afhanklikheid van ons foon veroorsaak egter dat diegene wat naby is, ver word… 
Navorsing het ook gevind dat slimfone soorteglyke chemiese prosesse veroorsaak as in mense wat dobbel.  Afhanklikheid van selfone kan lei tot gesondheids-, werks- en verhoudingsprobleme en moet dus ernstig opgeneem word.
Oorweeg die volgende simptome om te bepaal of jy verslaaf is aan jou foon:
- Ervaar jy angs as jou foon weg is?
- Raak jy ongemaklik as jy meer as 2 ure gelede gekyk het na boodskappe op jou foon?
- Ervaar jy ekstreme emosies indien jy nie selfoon netwerk het nie of indien ‘n konneksie verlore gegaan het?
- Antwoord of maak jy selfoonoproepe of teks boodskappe terwyl jy bestuur?
- Kyk jy eerste ding soggens op jou foon vir booskappe?
- Slaap jy langs jou foon wat aangeskakel is en word jy wakker om laatnag teks boodskappe te beantwoord?
- Sal jy jou selfoon antwoord tydens ‘n intieme ooblik met ‘n geliefde?
- Is jou foonrekening te hoog of spandeer jy te veel geld aan jou foon?
- Raak jy obsessief oor die nuutste “gadgets” of “apps” vir jou foon.
- Benadeel jou foongebruik jou verhoudings met mense of jou funksionering by die werk of skool?
Praktiese raad.
Soos met enige verslawing is die eerste stap om te erken dat daar ‘n probleem is.  Antwoord eerlik of jou foongebruik in die pad kom van jou sosiale aktiwiteite en of dit jou produktiwiteit tuis en by die werk benadeel.
Neem ‘n papier en pen en stel vas hoeveel tyd jy spandeer aan die onderskeie aktiwiteite op jou foon.  Doen dit vir ‘n week lank.
Gewapend met bogenoemde inligting, beperk nou die tyd wat jy elke dag aan jou onderskeie foonaktiwiteite spandeer. Begin met klein stappies bv ek gaan 10 minute minder spandeer aan my facebook.  Gebruik ‘n alarm hervoor as jy moet.
Verstaan dat as jy nie dadelik op ‘n teks, oproep, epos of facebook foto antwoord nie, is jy steeds deel van die netwerk en kan jy ook nog more reageer. Werk aan die herprioitisering van dit wat werklik vir jou belangrik is – ‘n opmerking oor ‘n foto is nie dringend nie!
Gebruik jou ekstra tyd om weer met die wereld kontak te maak.  Gaan stap buite of nooi ‘n vriendin vir koffie.
 Weet dat jy nie konstante foonkontak nodig het nie.  Kwaliteit sosiale, werk- en romantiese verhoudings word nie gebou op 180 karakters in jou selfoon nie.
Sit jou foon snags af en neem en sodoende neem jy weer bewustelik beheer van die situasie.
Sit jou foon af tydens etes.
Sit jou foon af terwyl jy bestuur.
Hou boek van die emosies wat jy ervaar as die foon afgeskakel is.  Dalk is daar belangrike aspekte wat aandag moet kry en wat jy vermy om te hanteer.
Indien bogenoemde nie werk nie, raadpleeg ‘n kundige.
  • Jimmyweike 2019/05/03 03:44:04 1556855044
    cialis tablets 20mg for sale <a href="http://cialisec.com/"&gt ;generic cialis cialis tablets 20mg <a href="http://cialisec.com/"&gt ;cialis online cialis vs viagra for bph
  • Thomasswose 2019/05/02 19:38:32 1556825912
    cialis coupon 2018 <a href="http://cialisdxt.com/"&g t;generic cialis cialis tadalafil 20mg online <a href="http://cialisdxt.com/"&g t;buy cialis online cialis 20 mg vs 5mg daily
  • ThomasCet 2019/05/02 02:24:13 1556763853
    cialis 5mg tablets reviews <a href="http://cialisdxt.com/"&g t;buy cialis online generic cialis available in canada <a href="http://cialisdxt.com/"&g t;buy cialis online walmart drug prices for cialis
  • Thomasswose 2019/05/01 22:54:55 1556751295
    cialis coupon 2016 200.00 <a href="http://cialisdxt.com/"&g t;generic cialis brand cialis 5mg <a href="http://cialisdxt.com/"&g t;cialis online cialis 5mg price in dubai
  • Jeromeknity 2019/05/01 04:00:36 1556683236
    <a href=http://saicomputerservice.com/about -us.html>http://saicomputerservice.co m/about-us.html Use sunscreen to stop ageing of your skin. Sunlight is spreading dangerous Ultra violet radiation, which may considerably problems the skin and result in facial lines, facial lines, and even cancer of the skin. To avoid this radiation from arriving at your skin, use sunscreen defense or put on ample clothing to shield yourself. Even on gloomy times, the rays can penetrate the clouds. http://support.wysiwyg.fr/index.php/comp onent/users/?view=registration It could at times appear difficult to think about entering into the field of web design. Nevertheless you shouldn't let the planet on your own deter you attempting to pursue and ventures which you feel like it is possible to profit from. The information on this page may help you fully grasp a few of the key aspects of web site design. <a href=http://www.agconsult.adv.br/modelo_ br/br/fale_conosco1.htm>http://www.ag consult.adv.br/modelo_br/br/fale_conosco 1.htm Providing your facial skin a water vapor bathroom can enhance your tone. Carry your face spanning a warm water bathtub, employing a bath towel to seal off within the warmth. Following steaming, you should give yourself a frosty drinking water rinse to close the pores. Use a cream soon after in order to avoid this treatment from drying out from the experience.