Dr. Elizma van der Smit clinical psychologist                      

Therapy for Individuals, Families and Couples                                                                                                     

       The Time Has Come!!! It is time to be better!!

Hoe sê ek my vriendin af?

 

  1. Hoekom wroeg mense so oor of hulle 'n vrienskap moet beëindig. Nie alle verhoudings is mos bedoel om vir ewig te hou nie?

Vriendskappe het ‘n naturlike lewensiklus.  Ons word dikwels na mekaar toe aangetrek weens omstandighede soos werk, kinders of omgewing.  Indien ons omstandighede verander, is ons geneig om van mekaar af weg te dryf sonder dat iemand noodwendig ‘n “fout” gemaak het.  Soms word vriendskappe egter giftig vir ons siel en vir die mense om ons en word dit noodskaaklik om daardie vriendskap onmiddelik te beeindig.

Vra jouself af of jy ‘n vrienskap onderhou bloot uit plig uit eerder as keuse?  Dit neem baie energie in beslag om ‘n negatiewe vriendskap aan die gang te probeer hou. 

 

Die feit dat ons so wroeg om hierdie vriendskappe te beeindig, is waarskynlik as gevolg van die volgende:

  • Ons is bang vir konflik en ongemak en vertel vir onsself dat ons dit nie kan hanteer nie
  • Ons is dikwels self onseker en hou onsself verantwoordelik vir die stand van sake
  • Ons weet nie wanneer en hoe om die streep te trek nie
  • Ons respekteer onsself nie genoeg om duidelike grense te stel nie
  • Ons wil nie ons reputasie as “goeie” mens in gevaar stel nie.
  • Ons wil nie ander vrienskappe in gevaar stel nie
  • Ons is bang vir die gevolge soos skinder en aggressie
  • Ons is bang vir seer en pyn


2.  In watter gevalle dink jy is dit wel nodig om 'n vriend "af te sê"?

  • Wanneer jy nie hou van wie jy is rondom jou vriendin nie.  Miskien voel jy in jou vriendin se teenwoordigheid meer negatief, aggressief, bitter of kompeterend en voel jy nie meer gemaklik daarmee of met jouself nie.
  • Jou vriendin versterk jou swak gedrag.  Miskien drink jy meer, jok meer, is meer ongeduldig met jou man en kinders wanneer jy by jou vriendin is?
  • Wanneer ‘n vriendskap ongebalanseerd is.  Doen jy baie meer as wat jy terugkry?  Is jy die een wat altyd luister of moeite doen om tyd te spandeer?
  • Het jou vriendskap oneerlik geword?  Maak een of beide van jul verskonings om nie tyd te spandeer en/of weerhou jy dikwels nodige detail van jou lewe van jou vriendin? 
  • Wanneer jou vriendin jou meesal laat sleg voel.  Kritiseer sy jou ouerskap, kos of huwelik?  Laat sy jou skaamkry oor hoe jy aantrek of hoe jy optree?
  • Voel jou lewe kalmer, rustiger en gelukkiger sonder jou vriendin?

 

Let ook op na die volgende tekens wat daarop dui dat ‘n vriendskap nie meer positief is nie:

  • Julle spandeer nie meer tyd saam nie
  • Julle praat nie meer regtig oor wat saakmaak nie
  • Julle het nie meer baie in gemeen nie.
  • Dis nie meer lekker nie
  • Jy voel of jy op eiers loop elke keer wanneer jou vriendin naby is?
  • As jy nie meer ruimte het om jouself te wees en eie belangstellings apart van haar te hê nie.
  • Wanneer daar konstante argumente is.  Ook veral as jy geneig is om altyd omverskoning te vra en die enigste een is wat bereid is om aanpassings te maak.
  • Wanneer jy voel dat jy nie meer privaatheid het nie en as jy geforseerd voel om alles met die vriendin te deel.
  • Wanneer jy konstante versekering van jou vriendin af nodig het en nie meer besluite op jou eie kan neem nie.
  • Is sy daar as jy haar nodig het of gaan die vrienskap meesal oor haar behoeftes en probleme?
  • Hoor jy net van jou vriendin as sy iets nodig het?
  • Onttrek jou vriendin van jou?  Maak jul beloftes om koffie te drink maar dit gebeur nooit nie?

 

  1. As dit by vriendskappe kom dink baie mense dink die manier hoe mens dit doen, is maar net om die vriend wat jy wil afsê te vermy en later sal hulle mos die hint vang dat jy nie meer wil vriende wees nie. Is dit 'n goeie manier om te werk te gaan? Indien nie, wat moet mens eerder doen?

Daar is ‘n verskil tussen die beeindiging van ‘n vrienskap en om ‘n vriendskap ‘n stil dood te laat sterf. 

  • Ingeval jy te doen het met ‘n giftige vriendskap of iets het gebeur waarmee jy nie kan saamleef nie, is dit nodig om die vriendskap dadelik te beeindig. Laasgenoemde hoef nie dramaties of lelik te wees nie.  Sê eenvoudig dat jy nie voel daar is meer ‘n plek vir hierdie vrienskap nie en bedank haar vir die goeie tye en herhinneringe.  ‘n Mens is onder geen verpligting om ‘n gesprek te hê oor ‘n vriendskap wat giftig geword het nie.  Jy kan bloot ophou om haar oproepe te beantwoord en “unfriend” haar op facebook.  Indien sy jou steeds probeer kontak, wees baie duidelik oor die feit dat hierdie vrienskap nie meer welkom is nie en hoekom.  Respek is steeds die wagwoord, vir jouself en vir haar.
  • Indien  ‘n vrienskap sy natuurlike siklus uitgeleef het, is dit soms genoeg om net terug te trek en die vriendskap ‘n stil dood te laat sterf – dikwels voel jou vriendin ook dieselfde en kan ons beide ‘n nuwe rigting inslaan.  Soms is ‘n breuk net wat julle verhouding nodig het en kan jul weer later die drade optel. Moet liewer nie eensklaps ophou bel of email nie, doen dit geleidelik en oor tyd.  As jy bevoorbeeld drie keer ‘n week gesels het, bring dit af na een keer ‘n week.  Probeer om ook nie meer “diep” gesprekke te hê nie en gesels net oor bolangse goed.
  • As jou vriendin egter uitvra oor jou intensies en ontwykende gedrag, is dit belangrik om in liefde op ‘n eerlike manier haar vrae te antwoord.  Sy is immers geregtig daarop.  Onthou om nie oorkrities te wees en respekteer haar en die goeie tye wat julle saam gehad het.
  • Indien jy nie van aangesig tot aangesig hierdie gesprek met jou vriendin kan hê nie, oorweeg ‘n epos of brief.
  • Positief of negatief, die beeindiging van ‘n vrienskap veroorsaak dikwels diepe hartseer.  Gun jouself en jou vriendin om die verlies van die vriendskap te betreur.  Moenie die hartseer probeer onderdruk nie en gesels met iemand of met jou dagboek.  Wees goed vir jouself.  Aanvaar dat die skuldgevoelens wat jy ervaar normaal is.  Leer wat jy kan uit hierdie vriendskap en beweeg aan, gewapen met die inligting.
  • Verwag en aanvaar dat jy en of jou vriendin woede gaan ervaar en probeer om nie in ‘n moddergooiery betrokke te raak nie.

Om negatiewe vriendskappe te beindig, laat jou met meer tyd om te fokus op die vriendskappe wat wel werk.  Hanteer dit soos die kosbare geskenke wat dit inderdaad is.  Wees ook oop om nuwe mense te ontmoet wat ook ‘n geweldige bydrae in jou lewe kan hê.  Maak baie seker dat jy nie dieselfde foute in jou nuwe vrienskappe herhaal nie.

 

Roelene se storie

Ek en my vriendin Christelle het mekaar so 10 jaar gelede ontmoet toe ek sanglesse by haar wou neem. Ons was sommer van daardie eerste dag aaf dik tjommas. Birds of a feather. Ons is albei boheems, intelektueel en mal oor musiek.  Ons kan ure lank gesels, wyn drink en kla oor mans, veral haar man… Oor die jare het ek uitgevind Christelle is nie juis stralend gelukkig in haar huwelik nie. Omdat ons sulke goeie vriende is vertel sy my natuurlik alles wat in haar lewe aangaan. En dis baie! Van haar aan-af-affair met ‘n man wat haar soos ‘n vloerlap behandel net om haar later met gedigte weer te verlei (en sy val elke keer daarvoor, net om weer seergemaak te word), tot dat haar man haar glad nie meer seksueel aandraai nie,  en haar kinders haar mal maak. Ek staan deur dik en dun by haar en ondersteun haar baie meer as haar man, wat voor ander mense die charmingste ou op aarde is maar agter toe deure kraak hy haar af. Ek moes al met haar hospitaal toe jaag, omdat haar “man besig was by die werk”, haar kidners by die skool op en aflaai omdat sy besig was by die werk en vir allerhande ander krisisse wat opduik, is ek op haar speed dial. En ek gee nie om nie. Wat my onderkry is as sy my die koue skouer gee en emosioneel afpers as ek dit durf waag om te sê nee, ek kan nie kuier nie, want vir een keer in my lewe gaan dit actually rof by my ook. Dan kla sy ek het nie meer tyd vir haar nie en vra is ons nog ooit vrindinne? Dis net te erg. Dis oukei as sy al die drama het, maar moet tog nie dat ek ook ‘n bietjie ondersteuning nodig het nie. Sy put my uit! En ek is nou moeg om heeltyd net van haar drama te hoor. Ek sweer sy trek dit aan. Help!

 

Antwoord:  Op grond van jou inligting, blyk dit dat hierdie vriendskap nie gesond is nie.  Eerstens lyk dit of die vriendskap ongebalanseerd is.  Jy doen baie meer vir haar as vir jou.  Tweedens gaan dit net oor haar behoeftes en word joune nagelaat.  Derdens het jy nie die ruimte om jouself te wees en jou eie lewe te hanteer nie.  Derdens vind daar emosionele afpersing plaas wat jou net sleg en skuldig laat voel en vierdens is dit duidelik nie meer lekker vir jou nie.  Laastens blyk jy so vasgevang in die “rol van betroubare vriendin” te wees dat jy haar afhanklikheid net versterk en vererger en ook (soms aspris) liewer op haar probleme fokus as op jou eie lewe.  Om te verseker dat hierdie vriendskap nog hoegenaamd waarde kan hê stel ek die volgende voor 1) trek ‘n streep vir die emosionele manipulasie en weier om afgepers te word.  Laat weet haar haar gedrag is onaanvaarbaar en maak duidelik wat jou verwagtinge van die vriendskap is.  Sy is dalk nie eers bewus van haar gedrag en die impak wat dit op jou het nie! 2)  As jy voel dat ‘n gesprek buite die kwessie is, probeer bietjie afstand skep deur byvoorbeeld te noem dat jy naweke meer tyd met jou gesin sal spandeer maar dat jul nog Woensdae koffie gaan drink soos altyd.  Moenie dadelik spring as sy ‘n krisis het nie, maar help haar om haar eie oplossings te genereer en motiveer haar om dit te implementeer.  Moet dit onder geen omstandighede namens haar doen nie. 3) as niks werk nie is dit tyd om die vrienskap ‘n stille dood te sterf.  Maak oproepe en kuiers geleidelik minder en fokus meer op ander aspekte van jou lewe (bv stokperdjies) wat veroorsaak dat jul nie meer regtig tyd kan spandeer nie. 4) as laasgenoemde nie werk nie, beeindig die vriendskap direk en antwoord nie meer haar oproepe nie.

 

Helene se storie

Ek en my vriendin Gertie  is van ons eerste jaar op universiteit vriende. Ons het dadelik gekliek en ek was mal oor haar borrelende persoonlikheid en die feit dat sy my aanvaar het vir wie ek is. Kom ons wees maar eerlik ek is nie ‘n gewone “girly girl” nie en maak baie moeilik vriende. Ek is ‘n ernstige mens en kan soms nogal standoffish wees. Gertie het my gekomplementeer met haar carefree uitkyk en selfvertoue, iets waarmee ek nog altyd gesukkel het. Ek het boonop goed oor die weg gekom met haar man. Na universiteit en ons Zuma-jare – ons het albei medies gewot – wou ons oorsee gaan, ek  om geld te maak om my studieskuld af te betaal en sy om te spaar vir ‘n eie praktyk. Ek wou Kanada toe gaan, waar ek ‘n neef het wat ook ‘n dokter is, maar Gertie het my oorreed dis ‘n beter idee om Londen toe te trek. Sy was al daar en het ook mense daar geken. So is ons toe op haar aandrang Engeland toe. Dis was swaar jare, ek en Gertie het nie by dieselfde hospitaal werk gekry nie en ek het my familie baie gemis. Intussen is ons is terug in SA. Ek was baie bly toe Gertie se twee seuns gebore is en haar ‘n privaat praktyk geopen het. Haar sukses was vir my ‘n aansporing en inspirasie. Ek was die twee kinders se peetma. Dinge het egter begin draai toe ek ook getroud is en ‘n paar jaar later kinders gekry het. Ek kon aanvoel dinge is net net meer dieselfde tussen my en Gertie nie. Haar en haar man se kinders was ‘n paar jaar ouer as myne en kuiers was moeilik met die klomp kleingoed wat gil en te kere gaan. Ek was ook nie mal oor die manier hoe sy hulle grootmaak nie: Die seus was baie bombasties en egosentries. Glad nie in ooreenstemming met hoe ek dink ‘n kind behoort te wees nie. Gertie was nog altyd baie selfversekerd en omdat sy teen die tyd dat ek my praktyk oopgemaak het al jare se ervaring gehad het, het ek haar gevra om my te help met my boeke en om die regte sisteme in plek te kry. Maar later het ek agtergekom ek kry nie betaling van my pasiënte nie en vind toe uit dis omdat Gertie afskeepwerk doen. Ek het haar gekonfronteer daaroor en gesê waardeer wat sy vir my gedoen het, maar ek dink dis beter as ek ‘n professionele buitestander kry om my besigheid verder te hanteer. Ek weet mos dis moeilik om jou eie besigheid te bestuur, kinders op skool te hê en dan nog iemand anders te help met hul werk ook.  Gertie was glad nie gelukkig hieroor nie. Sy het gesê ek is vreeslik ondankbaar nadat sy my al van universiteit op die regte pad gesit het en nou kry sy net stank vir dank. Ek was diep seergemaak en ontsteld. ‘n Paar weke later het ek agtergekom van ons gemeenskaplike vriende begin my ook nou vermy. Toe moes ek op Facebook uitvind Gertie het my by hulle gaan beswadder. My man sê vir my ek moet Gertie afskryf. Vriende maak nieso met mekaar nie. Moet ek maar aanvaar dis nou die einde van my en Hertie se pad saam?

 

Antwoord:  Helene, jy en Gertie het ‘n kosbare vriendskap gehad, maar dit vrienskap het sy doel uitgedien.  Jy het Gertie baie nodig gehad omdat jy self onseker was, maar jy het gegroei en sterker geword.  Daarby het jul omstandighede in so ‘n mate verander (kinders met verskillende ouderdomme ens) dat julle nie meer dieselfde gemeenskaplikheid en waardes het nie.  Hierdie is niemand se skuld nie, maar ‘n natuurlike verloop van omstandighede.  Gertie hou waarskynlik daarvan dat jy haar nodig het en om die “mentor”-rol in jou lewe te speel, iets wat nie meer vir jou noodsaaklik is nie.  Dit is jammer dat sy jou naam sleg maak onder jul vriende en dit is waarskynlik die teken dat dit tyd is om aan te beweeg.  Oorweeg die volgende opsies in die hantering van die saak 1) erken dat hierdie vrienskap uitgedien is maar koester die kosbare herhinneringe eerder as om te fokus op die laaste konflik en haar gedrag. 2)  belê in ‘n vriendskap wat meer gemeenskaplik is en wat jou lekker laat voel. 3)  Skep ‘n emosionele afstand van Gertie.  Moenie in gesprekke en konflik betrokke raak nie, dit sal waarskynlik nie die vriendskap red nie aangesien jul te ver uitmekaar gegroei het. 4) gee vir jouself die ruimte om hierdie vriendskap te rou en wees goed vir jouself.  Bêre haar in ‘n spesiale plek in jou hart en beweeg aan sonder skuldgevoelens.