Dr. Elizma van der Smit clinical psychologist                      

Therapy for Individuals, Families and Couples                                                                                                     

       The Time Has Come!!! It is time to be better!!

Hoekom dra ons maskers?


Deur Elizma van der Smit    B.A., B.A. Honns.,M.A. Klin. Psig. (PU vir CHO), M.Phill (PPL) (RAU) 

 

  1. 1.        Hoekom is daar soveel mense wat maskers dra en voorgee om iets te wees wat hul nie is nie?

Maskers was legendaries in Veniesiё tydens die middeleeue en ‘n baie belangrike deel van die gemeenskap en sosiale verhoudings.  Tydens die 13e eeu het mense egter begin om maskers te gebruik om sosiale reёls te oortree en te verval in immorele en slegte gedrag waarna die owerhede dit verbied het.


Natuurlik gebruik ons vandag nog maskers om ons ware self en ware gevoelens weg te steek en kan die dra van denkbeeldige maskers ons steeds ‘n negatiewe invloed op ons lewe hê.  Ander redes vir die dra van emosionele maskers sluit in:

 

  1. Wat is die voordele/waarde daarvan om jouself te wees?

Miskien kan die volgende voorbeelde van maskers vir ons ‘n aanduiding gee wat die voordele daarvan is om ‘n masker af te haal.  Die volgende is werklike voorbeelde van maskers wat mense geteken het tydens ‘n opleidingsessie saam met Jerry Hampton.

 

Hierdie masker dui aan hoe ‘n man slegs in swart en wit dink.  Die feit dat hy so rigied is, maak dat hy eensaam is en nie werklike vriende het nie.  Hy is ook baie veroordelend aangesien hy nie die grys areas in mense en dinge aanvaar nie.  Hy is egter heeltemal bewus daarvan dat daar grys areas is, maar  voel dit meng in in mense se werk en persoonlike lewens.  Deur te besluit om hierdie masker te laat gaan en grys areas te oorweeg, maak die pad oop vir die ontwikkeling van werklike vriendskappe en beter verhoudings by  die werk en tuis.

 

Begenoemde is ‘n masker van iemand wat ‘n professie gekies het, bloot omdat sy ouers dit van hom verwag het.  Elke dag loop hy dus met ‘n masker wat lyk asof jy gelukkig is in sy werk maar in werklikheid voel hy uiters vasgevang en ongelukkig.  Om hierdie masker te laat gaan het die man in staat gestel om ‘n ander rigting te kies waarin hy baie meer gelukkig was.

Uit bogenoemde voorbeelde kan ons aflei dat on jou masker te laat vaar en “om jouself te wees” kan bydra tot:

 

  1. Hoe weet jy of jy besig is om voor te gee en hoe verander ‘n mens dit?

Om vas te stel watter maskers jy dra, moet jy jouself  die volgende vraag vra:  “wat weet ek van myself wat ander mense nie weet nie?”.  Dit kan insluit enige inligting, gevoelens of enigiets wat ‘n persoon van homself weet en wat jy vir een of ander rede van mense af weghou. Ons swakker eienskappe, vrese, agendas, manipulerings en geheime is ook deel hiervan.

Volgens Ds Johan Beukes kan ons ook onderskei tussen die volgende maskers:

“Die eerste masker is die “ek wat ek nie wil wees nie”. Omdat ek nie goed voel oor myself nie, doen ek dinge in my vriendekring wat ek eintlik glad nie wil doen nie. Die dinge wat ek wel wil doen, ignoreer ek.

’n Tweede masker is die “ek wat ek voorgee om te wees”. Hierdie masker sny nog dieper omdat daar ’n ervaring is dat my menswees nie goed genoeg is nie en daarom kan ek nie myself wees nie. Ek gee die hele tyd voor. My grootste vrees is dat mense my sal sien vir wie ek regtig is en dat ek nie goed genoeg sal wees nie.

Die derde masker is die “ek wat ek dink ek moet wees”. Daar is oral onuitgespreekte verwagtinge van wie jy moet wees. Soms rig jy jou hele lewe in om aan hierdie onbevestigde verwagtinge te voldoen. Die gevaar is dat jy in ’n people pleaser kan verander.

’n Vierde masker is die “ek is wat ander mense wil hê ek moet wees”. Daar is baie mense wat nie skaam is om vir jou te vertel wie jy eintlik moet wees nie. Omdat jy nie goed genoeg oor jouself voel nie doen jy soms alles in jou vermoë om aan ander se verwagtinge te voldoen. Jy raak soos ’n marionet.”

Om ‘n masker af te haal is nie ‘n eenmalige aksie nie, maar ‘n proses waarin jy die volgende ingedagte moet hou:

 

 

  1. Indien mens jouself aanvaar, wat maak jy met jou slegte eienskappe?

Die term selfaanvaarding word dikwels nie reg verduidelik of reg verstaan nie.  Om jouself te aanvaar, insluitende jou minder goeie gedrag, kwaliteite en houdings, beteken nie dat jy niks kan doen om dit te verander nie.  Dit is ook geen verskoning vir swak gedrag nie. Die identifisering en erkennig van jou swakker eienskappe is slegs die EERSTE stap na selfaanvaarding.  Indien jy jouself aanvaar (goed en sleg) vind jy jouself in ‘n beter posisie om jouself te begin verbeter.

Selfaanvaarding vereis dat jy jou karakter en gewoontes verstaan en erken, dat jy stop om jouself met ander te vergelyk en om jou vaardighede en ook die gebrek daaraan te erken. Die tweede stap behels om iets daarom te doen!


  1. Hoe maak mens jou kinders groot om net hulself te wees en nie voor te gee om die mense om hul tevrede te stel nie?

 

‘n Gesonde selfbeeld is jou kind se wapenrusting teen die wêreld en die mense daarin.  Kinders wat goed voel oor hulself sukkel minder om konflik en negatiewe druk te hanteer.  Hul is ook minder geneig om voor te gee (maskers te dra) of om ander mense tevrede te probeer stel ten koste van hulself.  Selfbeeld is die manier waarop jou kind dink en voel oor homself en oor die dinge wat vir hom belangrik is.  Dit word gevorm deur wat ‘n kind van homself verwag sowel as deur die optede en verwagtinge van die mense na aan hom.

 

Oorweeg die volgende stappe om jou kind se selfbeeld te bevorder: