Dr. Elizma van der Smit clinical psychologist                      

Therapy for Individuals, Families and Couples                                                                                                     

       The Time Has Come!!! It is time to be better!!

Hoekom word ons so kwaad?

 

Wat is woede?

 

Woede is ‘n normale, gesonde menslike emosie.  Dis is ‘n reaksie op emosionele en of fisiese pyn en .  Dit gebeur wanneer jy op een of ander manier bedreig word dit is jou liggaam se manier om jou daarteen te probeer beskerm.  Dit is soos ‘n alarm wat afgaan wat jou vertel dat iets verkeer is wat reggemaak moet word!

 

Hoekom word ons so kwaad?

 

1.       Jy is dalk hartseer en in emosionele pyn.

 

Soms maak mense hulself kwaad sodat hulle nie pyn hoef te voel nie.  Dit kan insluit gevoelens van verlies, verwerping en mislukking. Partykeer voel dit beter om kwaad as hartseer te wees.  Weet egter dat woede nie die pyn wegvat of oplos nie. 

 

2.      Jy is dalk fisies ongesteld

 

Net soos ‘n kind “moeilik” raak wanneer hul nie lekker voel nie, kan volwassenes ook met woede en prikkelbaarheid reageer wanneer hul fisies ongesteld is.  Dalk het jy chroniese pyn of ander gesondheidsprobleme of miskien is jy oormoeg, honger of sit met ‘n vreeslike hoofpyn?

 

3.      Jy is dalk bang en weerloos.

 

Soms is jy kwaad om jou gevoelens van vrees en weerloosheid weg te steek.  Jy voel dalk ook dat jou situasie buite jou beheer val. Woede help jou om dinge te vermy eerder as om dit te hanteer.  Jy kan ook woede gebruik om jou gevoelens van ‘n lae selfbeeld en onsekerheid te verander in gevoelens van beheer en mag maw dit gee jou ‘n tydelike selfbeeld “boost”.

 

4.      Jy kan dalk ‘n geestessiekte hê.

 

Woede is dikwels ‘n simptoom van ‘n geestessiekte soos angs, depressie, bipolaritiet, aandagafleibaarheid, persoonlikheidsversteurings en ander.  Mense sonder ‘n geestessiekte is geneig om hul woede beter te hanteer.  Diegene met versteurings is meer impulsief en het dikwels ‘n houding van “ek gee nie meer om wat ek sê of doen nie”.

 

5.      Jy is dalk moeg en gestres

 

Stres is enige situasie wat jou chronies ontstel en irriteer (bevoorbeeld werk-, verhoudings-, en finansiële probleme ens) en waarvan die uitkoms onseker is. Wanneer jou stress te veel word, word jou liggaam en gees oorweldig en veroorsaak dit geirriteerdheid en woedebuie.  Jy sukkel dalk ook om te onspan en om jou brein af te sluit.

 

6.      Jy het ‘n onvervulde behoefte wat jy sukkel om te kommunikeer

Jou woede het dalk te doen met ‘n diep behoefte wat nie vervul word tans nie.  Dit sluit in behoeftes aan liefde, erkenning, respek,aanvaarding, omgee en om “goed genoeg” te voel., ens.  Daarby ondervind jy dalk geweldige frustrasie omdat jy probeer om hierdie behoefte te kommunikeer maar dit voel vir jou op jy nie “gehoor” word nie.  Laasgenoemde kan ook baie te doen hê met die manier waarop jy hierdie boodskap probeer oordra.

 

7.      Jy sukkel om te laat gaan

 

Baie mense ervaar woede omdat hul sukkel om te laat gaan of om te vergewe.  Dit kan seermaakdinge in die verlede wees of selfs dinge wat gister gebeur het.  Hul broei baie oor die onreg wat hul aangedoen is.  Soms dink hul vergifnis impliseer dat dit nie meer saak maak nie of dat die ander persoon “gewen” het en soms wag hul vir ‘n verskoning of ‘n verduideliking wat net nooit gaan kom nie.

 

8.      Jy maak denkfoute

 

Pyn alleen is nie genoeg om woede te veroorsaak nie.  Ons kan net kwaad word wanneer ‘n insident gekoppel is aan ‘n sekere gedagte wat ons daaroor het wat ons laat dink dat iemand ons wil seermaak.  Voorbeelde van denkfoute sluit in:

 

  • Swart en wit denke:  Alles is vir ons net goed of net sleg maw jy is of wonderlik, of jy is ‘n “mislukking” en niks tussenin geld nie.
  • Ons vergeleyk onsself onregverdig met mense wat ‘n spesifieke voordeel teenoor ons het en veroorsaak dat ons nie goed genoeg voel nie.
  • Ons absorbeer en onthou net die negatiewe wat in ons dag gebeur het en ignoreer alle positiewe dinge.
  • Ons blameer onsself vir dinge waaroor ons geen beheer gehad het nie.
  • Ons blameer ander mense of omstandighede vir ons eie swak gedrag en keuses.
  • Ons dink ons weet wat ander mense van ons dink (“mindreading”). Ons aanvaar dat ander gefokus is op ons tekortkominge, maar ons is meesal verkeerd.
  • Ons is geneig om die dinge wat verkeerd loop te “oordryf”.  Om ‘n slegte dag by die werk te hê word dan dikwels “ons gaan nooit die mas opkom nie of “ek is ‘n mislukking”.
  • Ons veralgemeen en dink dikwels in terme van “altyd” of “nooit”.  Ek gaan “altyd” alleen wees en “nooit” suksesvol wees nie.
  • Jy dink dat omdat ek iets voel, dit dus waar moet wees.  Ons verwar gevoelens met realiteit bv net omdat jy bang is om voor mense te praat beteken nie dat jy dit nooit moet of kan doen nie.
  • Ons “label” onsself of ander mense bv “ek is lelik” of “mans is onbetroubaar”.
  • Jy vertel vir jouself “ek kan dit nie vat nie”.  Jy kan!

 

 

 

Wanneer is my woede ‘n probleem?

 

Kwaad word is ‘n normale emosie, maar kan problematies wees wanneer:

 

  • Jy te gereeld kwaad word
  • Jy lank kwaad bly en sukkel om af te koel
  • Jou woedebui baie intens is

 

Indien bogenoemde voorkom, klop om hulp aan by ‘n professionele persoon.

 

Oefening: Moontlike oorsake vir jou woede

 

HUIDIGE GEVOEL/SITUASIE

JA

NEE

•    Voel jy hartseer asof jy iets of iemand verloor het?

 

 

 

•    Voel jy dat mense jou nie waardeer nie?

 

 

 

•    Voel jy dat mense nie vir jou omgee of opreg lief is vir jou nie?

 

 

 

•    Voel jy moedeloos en soos ‘n mislukking?

 

 

 

•    Is mense ongeskik teenoor jou en laat hul jou slegvoel oor jouself?

 

 

 

•    Is jy miskien moeg, honger of seer?

 

 

 

•    Voel jy skaam en verneder?

 

 

 

•    Het jy finansiële probleme?

 

 

 

•    Voel jy gestres?

 

 

 

•    Word jy baie gekritiseer?

 

 

 

•    Voel jy dat jy deur iets of iemand beheer word?

 

 

 

•    Voel jy gefrustreerd?

 

 

 

•    Voel jy dat jy onregverdig behandel word?

 

 

 

•    Voel jy dat jou geloof of waardes bedreig word?

 

 

 

•    Voel jy of iets of iemand in die pad van jou doel staan?

 

 

 

• Voel jy geestelik of fisies nie lekker nie?

 

 

 

•  Voel jy verwerp?

 

 

 

• Maak jy jouself kwaad sodat jy nie die pyn hoef te voel nie?

 

 

 

•  Vermy jy dit om mense of dinge te hanteer?

 

 

 

• Wys jy woede om gevoelens van ‘n swak selfbeeld of hulpeloosheid weg te steek?

 

 

 

 

 

 

•