KIDS BY DIE WINKELS
Deur Elizma van der Smit B.A., B.A. Honns.,M.A. Klin. Psig. (PU vir CHO), M.Phill (PPL) (RAU)
- 1. Frustrasies vir ouers
- Kinders het dikwels geen begrip van wat “duur” regtig beteken nie en dink mos geld groei aan ‘n ouer se rug! Dit is ook frustrerend vir baie ouers omdat hul nie vir hul kinders kan gee wat hul graag sou wou nie.
- Kindertjies wat alles wil he wat hul sien en as hul nie kan nie, ten aanskoue van ander mense, ‘n ongelooflike vloermoer sal gooi.
- Kindertjies is natuurlik nuuskierig en sal aan interessanthede wil vat en dit in die trollie gooi (of soms langs die trollie en dan moet ma vir die gebreekte item betaal)
- Soms sal hul op hul eie iets gaan “soek” en verdwaal dan om die volgende draai en moet mamma (self histeries) ‘n histeriese kind bedaar.
- Kinders se behoeftes verskil ook, byvoorbeeld die ouer kind wil alles sien en die jonger een wil net huis toe gaan en mamma kan net nie in almal se behoeftes voorsien nie.
- Ouers se skedules is oorlaai en is dikwels reeds oormoeg wanneer hulle die winkels betree.
- Daar is baie enkel ouers of mammas wat bloot nie iemand het wat kan help met die winkeluitstappie of daar is dikwels nie iemand by wie die kinders gelaat kan word terwyl mamma vinnig die inkopies doen nie.
- Navorsing toon dat 75% van ouers inkopies saam met die kinders as stresvol, oorweldigend en duur beleef word.
- 2. Frustrasies vir kinders
- Kinders kry dikwels nie die geleentheid om te kies waarvan hul jou nie en sal sommer die ontbytpap wat jy gekoop het saboteur.
- Hul aandagspan is van nature kort en raak vinnig verveeld met die inkopietog.
- Hul wil voel, spring, beweeg en hardloop en sal dit ook doen as hul nie in ‘n trollie of waentjie gelaai is nie.
- Hul word vinnig moeg en kan nie so baie loop soos mamma nie.
- Hul word honger en dors, veral as daar oral rondom hulle heerlike eet- en drinkgoed is.
- Hul word dikwels oorstimuleer deur al die stimilu in ‘n winkelsentrum en raak dan ongeduldig en “moeilik”
- 3. Ouderdomstoepaslike gedrag
- Kinders is oor die algemeen baie energiek en hul aandagspan is dikwels net paar minute voordat hul aandag weer afgelei word. Hul wil beweeg, klim en hardloop en dinge vir hulself doen en ontdek. Hul leer ook die beste wanneer hul speel en aktief betrokke is.
Spesifieke gedrag (Benson Cheng in wordpress.com):
|
Verstandelike vermoe
|
Emosioneel
|
Sosiaal
|
2-3 jaar
|
-aandagspan 2-3 minute as hy dit geniet
-kort geheue
-Aksies en objekte is makliker om te verstaan as woorde
-Glo alles wat jy se.
|
-Vreeslik nuuskierig
-Vereis baie herhaling en ordelikheid
-Sal skop en byt en huil as hul gefrustreerd is.
-As jy hul reghelp reageer hul met woedeuitbarstings
|
-Boots ouers na
-Wil jou help en tevrede stel
- senustelsel sensitief vir oorstimulasie en verwarring
|
4-5 jaar
|
-Aandagspan is 5 – 10 minute
-Verstaan nog nie oorsaak en gevolg nie.
-Het ‘n groot verbeelding
|
-Ontwikkel ‘n begrip vir reg en verkeerd
-Is bewus van wat mense van hul dink en se en is bang dat mense vir hul sal lag
-hou daarvan om geprys te word
|
-Boots grootmense na
-Begin die konsep van regverdigheid verstaan
|
6-8 jaar
|
-Het ‘n aandagspan van 15-20 minute.
-Dink baie konkreet
|
-Blom met prys en aanvaarding
-Het nog nie baie selfbeheer oor hul emosies nie
-Ontwikkel selfvertroue in hul vermoens
|
-Dit is vir hul belangrik dat maaitjies hulle aanvaar.
-Hul wil altyd eerste en die beste wees.
-begin mededeelsaam wees.
-Beskermend teenoor jonger kinders
|
9-12 jaar
|
-Aandagspan van 30-45 minute
-Hul hou van uitdagings
-kan abstrakte konsepte verstaan
|
-Verstaan reels en die beginsels agter die reels
-Sensitief vir hul eie tekortkominge en mislukkings
-Kan hul foute analiseer en ander planne maak
|
- hul standpunte en waardes word soortgelyk aan die van betekenisvolle volwassenes in hul lewe
-In staan om ander bo hulself te stel
-Vergelyk homself met ander
|
- 4. Do’s and dont’s
- Maak seker almal eet voor jul winkel toe gaan ter wille van almal se bloedsuiker en energievlakke
- Beplan jou inkopielys baie goed sodat onnodige tyd nie in die winkel verspeel word nie. So kan jy jou kinders ook leer dat ons “net koop wat op die lysie is”.
- Die inkopietog kan selfs gebruik word om jou kind te leer van spaar en geld. Hul dus hul eie sakgeld saamneem om ‘n lekkertjie mee te koop.
- Moet onder geen omstandighede vir jou kind ‘n speeding of lekker koop “om hom/haar tog net stil te kry” want dan gaan jy dit altyd moet doen en leer jou kind nooit hoe om homself te reguleer sonder ‘n beloning nie.
- Maak jou verwagtinge duidelik voor jul vertrek byvoorbeeld “ ons gaan vir jou tekkies koop. Ons gaan ‘n paar pare aanpas en die beste paar kies”. Kom ooreen ook oor ander reels byvoorbeeld “moenie weg van die trollie beweeg nie en moenie skree en raas nie”
- Neem iets te drinke en te ete saam indien die kinders moeg word. Maak seker dat dit nie iets is wat ‘n gemors kan veroorsaak nie! Eetgoed kan ook gebruik word om hul aandag af trek indien nodig.
- Laai die kinders in ‘n trollie of stootwaentjie aangesien die voetjies maar gou moeg word.
- Oorweeg om selfs ‘n klein speeding saam te bring om hul mee besig te hou.
- Gee belongings vir goeie gedrag (eers wanneer die koop-ekspedisie verby is!). Voorbeelde sluit in ekstra speeltyd of ‘n storie.
- Maak jou kind deel van die inkopies. Vra hul om goed te soek of laat hulle vir jou tel en kleure uitwys.
- Maak ‘n speletjie daarvan byvoorbeeld “wie sien eerste die aartappels” of “noem alles wat begin met ‘n b”
- Prys jou kind as hul jou help en hulself goed gedra!
- Maak jou winkeluitstappies kort – marathon sessies sal uitdaging vir enige kind en ouer wees. Verleng jou inkopietyd dan stelselmatig soos wat die kinders groter word
- Glo dat jy in staat is om jou kinders in ‘n winkel te kan hanteer. Oefen en probeer verskillende metodes – maar moenie moed opgee nie!
- Indien daar wel ‘n vloermoer gegooi word, ignoreer dit sover as moontlik.
- Neem jou kind na ‘n stil plek (byvoorbeeld badkamer) en vertel hom weer waarom sy gedrag onaanvaarbaar is. Vra die kind of hy dan gereed is om terug te gaan en weer te probeer. Waak teen “weghardloop huistoe” aangesien dit vir die kind dikwels ‘n uitkoms is.
Konklusie
Jou belangrikste wapen met kinders in die winkel is om jouself geduldig en rustig te hou. Gaan met die wete dat jy in staat is om dit te doen en dat jy enigiets kan hanteer. Jy is in beheer, nie die kinders nie! Weet dat almal sukkel en onthou om hul ouderdomme in ag te neem. Weet dat jy uitstekend doen in die omstandighede en met die bronne wat tot jou beskikking is!