Dr. Elizma van der Smit clinical psychologist                      

Therapy for Individuals, Families and Couples                                                                                                     

       The Time Has Come!!! It is time to be better!!

Mense wat uitstel


Deur Elizma van der Smit    B.A., B.A. Honns.,M.A. Klin. Psig. (PU vir CHO), M.Phill (PPL) (RAU)


  1.  Is dit ‘n algemene verskynsel om uit te stel?

Ons almal is geneig om uit te stel.  Ons stel dinge uit omdat ons dit nie wil doen nie, of omdat ons te veel ander ysters in die vuur het.  Dis is deel van menswees.  20% van mense is egter chroniese uitstellers vir wie dit ‘n lewenstyl en ‘n probleem geword het.  Hul betaal nie hul rekeninge betyds nie, mis geleenthede omdat hul nie betyds kaartjies koop nie, hul inkomstebelasting is altyd laat en hul los hul kersfees inkopies tot op die laaste. 

 

  1.  Wanneer is uitstel ‘n probleem?

Dit hang af van wat die gevolge van jou uitstel is.  Uitstel kan eksterne gevolge he (druippunt omdat jy ‘n werkstuk nie betyds ingegee het nie) of interne gevolge ( jy voel angstig die meeste van die tyd, selfs wanneer jy iets doen wat jy geniet).  Wanneer jy byvoorbeeld uitstel om die skottelgoed te was, pla dit niemand nie.  Wanneer jou uitstel gevoelens van moedeloosheid en oorweldiging veroorsaak, is dit egter ‘n probleem wat aangespreek moet word.


  1. Is uitstel aan die toeneem?

MEnse wat uitstel is aktief besig om uit te kyk vir dinge wat hul aandag kan aftrek, veral iets wat nie ‘n groot inset verwag nie.  Die nagaan van epos is perfek vir hierdie doel!  Aangesien die tegnologie soveel meer beskikbaar is, is daar ook meer dinge wat ons aandag kan aftrek.


Hoe stel ons uit?

 

  1.  Hoekom stel ons uit?

 

 

  1. Watter tipe mense is geneig om uit te stel?  Word ons so gebore of is dit aangeleer?

 

Die geneigdheid om uit te stel word aangeleer, ons word nie so gebore nie.  Dit is gewoonlik iets wat ons binne ons gesinne aanleer, veral in reaksie op outokratiese ouerskapstyl. 

Om ‘n pa of ma te he wat “hard” is en geneig is om beheer te neem, verhoed kinders om te leer om hulself te kan reguleer met ander woorde om hul eie intensies te internaliseer en daarop te kan reageer.  Om uit te stel ka nook ‘n manier wees om in sulke omstandighede te rebelleer.

 

  1. Watter leuens vertel uitstellers vir hulself?

 

 

  1. Wat is die gevolge van uitstel?

 

Uitstel kan ‘n groot probleem word met emosionele en fisiese gevolge.  Die oormatige stress van uitstel het ‘n negatiewe effek op ons gesondheid en verhoudings.  Oormatige stress plaas ons imuunsisteem onder druk en maak ons meer vatbaar vir siektes.  Dink ook daaraan hoe baie jy uitstel om dokter toe te gaan en wat die gevolge daarvan kan wees! Wanneer ons angstig is sukkel ons om te fokus en daarmee verhoog ons kanse om foute te maak.  Die blootstelling aan hierdie tipe stress oor ‘n lang tydperk kan aanleiding gee tot depressiee en ander geestes siektes.  Chroniese uitstel het dikwels negatiewe effek op jou finansies en kredietrekord aangesien jy dikwels rekeninge te laat sal betaal.  Gesinslede en kollegas kan die persepsie ontwikkel dat jy lui, onbevoeg en onbetroubaar is.  Uitstel maak dat jy bitter word aangesien jy nooit jou drome kan verwesenlik nie en laat jou oor tyd net slegter voel.

 

  1. Wenke teen uitstel

 

If you wait until all the lights are "green" before you leave home, you'll never get started on your trip to the top. --Zig Ziglar