Dr. Elizma van der Smit clinical psychologist                      

Therapy for Individuals, Families and Couples                                                                                                     

       The Time Has Come!!! It is time to be better!!

My liefdestenk (en die emosionele behoeftes van my maat)

 

  1. 1.     Wanneer is ek gelukkig in ‘n verhouding? (wanneer is my liefdestenk vol?)

Vir ‘n kar om the kan funksioneer moet sy tenk vol petrol wees.  Net so is mense ook.  As ons behoorlik wil funksioneer moet ons “liefdestenk” vol wees. 

Wanneer my liefdestenk vol is het ek die nodige energie en geduld om liefde te gee.  ‘n Vol tenk maak dit vir my moontlik om genot te ervaar en gee my krag om die terugslae (groot en klein) van die lewe te kan hanteer.

Indien my “liefdestenk” leeg is, is dit presies hoe ek voel: “leeg”.  Dan voel ek ook maklik oorweldig, gefrustreerd, kwaad en hartseer.  Jy kan ook onvoldoende en minderwaardig voel en sal geneig wees om mense te vermy.

Nog tekens dat jy gelukkig in ‘n verhouding is, sluit die volgende in:

  • Jy voel goed oor jouself en die wêreld.  ‘n Goeie verhouding laat jou voel dat jy krag het om die wêreld te trotseer end at alles weer ok gaan wees.
  • Jy sien uit daarna om tyd met jou geliefde te spandeer, maw jy probeer nie om hom/haar te vermy of om altyd ander mense in the sluit nie.
  • Jy respekteer jou maat en praat goed oor hom/haar, selfs al stem jy nie altyd saam met hom nie.
  • Jy is regtig geinteresseerd in wat jou maat dink.  Daarom sal jy gereeld wil hoor wat jou maat se opinie oor sake is en vra ook daarna.
  • Jy is bewus van jou maat se kleiner foute, maar ignoreer dit.
  • Wanneer daar problem is dink jy nie daaraan om die verhouding te beeindig nie. Jy sien argumente as leergeleenthede wat ons selfs nader aan mekaar kan bring.
  • Jy is nie oormatig bang om hom of haar te verloor nie.  As jy oormatig fokus op die moontlikheid van seerkry sal jy nooit werklik die verhouding kan geniet nie.
  • Jy waardeer ander aantreklike mense, maar is nie geinteresseerd in hul nie.
  • Jy vertrou jou maak en hou nie geheime vir mekaar nie.
  • Jy verwag nie dat jou maat moet verander nie, maar aanvaar hom of haar soos hul is.
  • As jy gelukkig in jou verhouding is, sal jy dit weet.  Dit geld natuurlik ook vir as jy ongelukkig is.

 

  1. 2.    How weet ek wat my maat se behoeftes is?

Alle emosionele behoeftes is belangrik, maar natuurlik verskil mans en vroue se primêre of belangrikste emosionele behoeftes van mekaar.  Indien jy in jou maat se primere behoeftes kan voorsien, sal sy of hy gelukkig voel en baie meer geneig wees om ook in jou belangrikste behoeftes te voorsien.  Kyk na die volgende:

Die belangrikste emosionele behoeftes van die man:

  • Vertroue.  Om jou man te vertrou is om te glo dat hy sy beste probeer doen en die beste vir sy gesin wil hê.  Hy het nodig dat jy moet glo dat sy intensies positief is.
  • Aanvaarding.  Moenie hom probeer verander en verbeter nie, maar weet dat hy graag aanvaar wil word vir wie en wat hy is.  Weet ook dat hy self graag wil beter word en self daaraan sal werk as hy meer aanvaar voel.
  • Waardering.  Vertel jou man dat jy sy pogings raaksien en na waarde ag en dat sy aksies vir jou iets beteken.  Sodoende voel hy nie dat alles verniet is nie en dan is hy meer geneig om selfs baie harder te probeer. 
  • Bewondering.  Jou man wil bitter graag deur jou bewonder word.  Wees beindruk met sy unieke eienskappe, talente en waardes (soos bv integriteit, harde werk, deursettingsvermoë ens.)
  • Goedkeuring. Diep binne-in wil ‘n man graag sy vrou se held wees.  Jou goedkeuring erken die goedheid in hom.  Dit beteken nie dat jy altyd met hom saamstem nie, maar dit beteken dat jy altyd soek vir goeie redes vir sy aksies.  Dit sluit in sy behoefte aan seks en vryheid (ook primere behoeftes).
  • Aanmoediging.  ‘n Vrou se aanmoediging gee vir ‘n man die krag en hoop om alles te kan wees wat hy graag wil en kan wees.

Die belangrikste emosionele behoeftes van die vrou:

  • Omgee.  ‘n Vrou wil graag hê dat haar man opreg in haar menswees en gevoelens moet belangstel.  Sy wil graag spesiaal voel.
  • Begrip.  Luister na jou vrou sonder om haar of haar gevoelens te oordeel.  Laat haar toe om haar gevoelens uit te druk terwyl jy met empatie luister.  Moenie aanvaar dat jy weet wat sy dink en voel nie en moenie haar probleme oplos nie, luister net opreg.
  • Respek.  Sy wil graag weet dat haar wense en behoeftes die belangrikste prioriteit in jou lewe is.  Neem haar gevoelens in ag en respekteer haar deur aksies soos om byvoorbeeld ‘n belangrike datum te onthou, mooi met haar te praat en om haar sagkens te hanteer.
  • Toewyding.  ‘n Vrou het nodig om te weet dat ‘n man toegewyd is aan haar en haar familie en dat hy nooit sal ophou om vir haar en die verhouding te baklei nie.  Sy wil voel dat sy belangriker is as jou werk of ander belangstellings.  Sy wil die nommer een in jou lewe wees.
  • Validering.  Aanvaar haar gevoelens en behoeftes as waardig.  Dit laat haar voel dat sy die reg het om te voel wat sy voel.  Onthou dat jy haar standpunt kan valideer al stem jy nie saam nie.
  • Versekering.  ‘n Vrou het herhaaldelik die versekering nodig dat jy omgee, verstaan, respekteer en valideer asook dat jy toegewyd is aan haar.

 

  1. 3.    Hoekom is dit belangrik om my maat se behoeftes te vervul?

‘n Emosionele behoefte is ‘n drang wat, indien dit vervul word, ‘n gevoel van gelukkigheid en tevredenheid verseker.  Indien die behoefte nie vervul word nie, veroorsaak dit ‘n gevoel van ongelukkigheid en frustrasie.  Laasgenoemde veroorsaak konflik en hartseer wat onsself en diegene om ons baie skade kan aanrig.  Dit kan ook lei tot die totale verbrokkeling van die verhouding.  Om in jou maat se primêre emosionele behoeftes te voorsien is om op die regte manier om te gee!  Laasgenoemde is die beste versekering dat jy ‘n lang en gelukkige verhouding sal hê.

 

  1. 4.    Hoe vervul ek in my maat se behoeftes?

Ondersoek jou verhouding en vra jouself af watter emosionele behoefte van jou maat jy dalk afskeep en wend ‘n daadwerklike poging aan om dit reg te stel.

Alhoewel dit natuurlik goed is om te probeer om in jou maat se behoeftes te vervul, moet jy ook aanvaar dat jou liefdestenk JOU eie verantwoordelikheid is.  Jy moet self kan agter kom as jou tenk leeg raak en self inspring om iets daaromtrent te doen!

  • Aanvaar dat jy waardig is om liefgehê te word.  Dikwels is ons liefdestenks leeg, maak nie saak wat ‘n ander persoon doen om dit te probeer vul nie.  Dit is omdat ons op een of ander manier glo dat net sekere dele van onsself aanvaarbaar is – of dalk geen.
  • Valideer jou eie gevoelens – “dit is heeltemal ok en normaal om soms sleg te voel”
  • Probeer om nie jouself of ander konstant te oordeel nie.
  • Moenie bang wees om jouself te ondersteun en beter te laat voel nie.
  • Herhinner jouself gedurig daaraan dat jy waardig is.
  • Wees bewus en dankbaar vir die klein (en groot dinge) in jou lewe
  • Wend ‘n daadwerklike poging aan om dinge van jouself te verbeter wat jou negatief affekteer.
  • Kyk na jou gesondheid.
  • Belê in jou geestelike en emosionele gesondheid.
  • Maak tyd vir jouself.
  • Maak tyd om te lag.
  • Maak tyd vir God.