Dr. Elizma van der Smit clinical psychologist                      

Therapy for Individuals, Families and Couples                                                                                                     

       The Time Has Come!!! It is time to be better!!

Om aangenome broers of susters as volwassenes te ontmoet

 

Om na baie jare jou aangenome broer of suster te ontmoet, is nie die einde van die storie nie, maar slegs die begin.  Die verhoudings wat gevorm word na hierdie eerste ontmoeting is dikwels ‘n intense emosionele ervaring en dit is nooit ‘n reguit pad nie. 

 

Die hele reünie kan meesal in fases verdeel word:

 

1.       Fantasie

 

Aangenenome kinders fantaseer oor hul biologiese ma en moontlike broers en susters.  Hul maak hul eie storie op van waarom hul “weggegee” is en skep ‘n persoon met sekere eienskappe in hul verbeelding.

 

2.      Eerste kontak

 

Dit word aanbeveel dat die eerste kontak met behulp van ‘n tussenganger gebeur.  Dit is beter om met briewe of eposse te begin en later oor te gaan na foongesprekke voordat ons uiteindelik ontmoet.  Sodoende kry beide partye genoeg ruimte en tyd om al die nuwe inligting en gevoelens te prosesseer.

 

3.      Eerste ontmoeting

 

Die eerste ontmoeting is dikwels baie emosioneel en daarom is dit veiliger in ‘n plek soos ‘n park of ‘n private huis.  Jy mag beindruk wees om die ooreenkomste tussen julle.

 

4.      Die wittebroodsfase

 

Tydens hierdie fase kan jy nie genoeg kry van jou nuutgevonde familielid nie en alles kan magies en wonderlik voel en dit neem dikwels ons gedagtes en lewens oor.

 

5.      Na die wittebroodsfase

 

Dikwels na al die opgewondenheid verby is, kan die persoon vir jou soos ‘n vreemdeling voel waarmee jy steeds ‘n verhouding moet bou. Baie gemengde gevoelens ontstaan oor baie van die inligting wat ontvang is en nog nie geprosesseer is nie.  Gevoelens van seer en kwaad kom na vore en dit kan verwarrend wees.  Soms trek ‘n persoon weer terug om te kan reflekteer op die veranderinge en inligting.  Die verskil tussen ons fantasie en werklike prentjie van die persoon begin nou duidelik word.

 

6.      “tyd-uit” (time out)

 

Beide partye het nodig om hul gevoelens te verwerk, maar soms kan die terugtrek van die persoon voel soos “om hul weer te verloor” en gevoelens van seer, vrees en woede veroorsaak.  Vertaan dat hierdie fase normaal is en dit is natuurlik vir jou liggaam om eers sy tyd te neem.  Tydens hierdie fase moet jy verantwoordlikheid neem vir hierdie gevoelens en hanteer dit, veral dalk met behulp van ‘n professionele persoon.  Onthou dat alle verhoudings konflik het en nou is die tyd om dinge wat nie werk nie aan te spreek.  Sodoende kan die verhouding groei en ontwikkel.

 

7.      Aanpassing

 

Beweeg stadig vorentoe en bespreek elke negatiewe aspek soos hulle opkom.  Handhaaf ‘n roetine wat gemaklik is vir beide partye (byvoorbeeld ‘n een ontmoeting elke twee weke).  Dit neem tyd om verhoudings te vorm en laasgenoemde vereis werk en “commitment” soos enige ander verhouding.

 

Meer dinge om in ag te neem:

 

  • Onder die oppervlakte is daar dikwels baie angs en woede.  Angstigheid oor die komplikasie in hul lewens, angstigheid oor verwagtinge en moontlike verwerping.  Woede en hartseer oor die aannemingsomstandighede word ook dikwels deur die ontmoeting na die oppervlakte gebring en moet met groot sorg hanteer word.
  • Waak daarteen om te verwag dat jou aangenome broer of suster skielik ‘n rol moet speel wat hul nog nooit gespeel het nie.  Moenie onmoontlike verwagtige koester nie.
  • Hou ingedagte dat jul, alhoewel geneties verbind, steeds vreemdelinge is wat ‘n verhouding moet bou.
  • Dit is ‘n marathon en nie ‘n sprint nie.  Wees baie geduldig en laat die verhouding natuurlik ontwikkel.