Dr. Elizma van der Smit clinical psychologist                      

Therapy for Individuals, Families and Couples                                                                                                     

       The Time Has Come!!! It is time to be better!!

MY VRIENDIN MISBRUIK MY


Deur Elizma van der Smit    B.A., B.A. Honns.,M.A. Klin. Psig. (PU vir CHO), M.Phill (PPL) (RAU)

(Geskryf vir 'My Dilemma', in Sarie / Sarie Gesond)

 

Liewe leser, oorweeg die volgende vrae indien jy onseker oor jou vriendskap is:


Hoe voel jy gewoonlik nadat jy tyd met haar spandeer het?  Voel jy soms  rustig en positief of voel jy meesal gedreineer en teleurgesteld in haar?  Almal gaan deur moelike tye, maar is hierdie die normale patroon in jul vriendskap?

 

Indien jou jy bevestigend moes antwoord op die meeste van die vrae, moet jy aan jouself erken dat jy met ‘n giftige vriendskap te doen het.  ‘n Vriendskap is giftig wanneer ‘n persoon meer moeite is as wat die vriendskap werd is.

 

Vra jouself af hoe jy in die eerste instansie in hierdie vriendskap beland het:

 

  1.  Hou jy daarvan as mense jou nodig het?
  2. Voel jy dalk dat jy nie ‘n beter, gesonder vriendskap verdien nie?
  3. Fokus jy dalk so op haar probleme sodat jy gerieflikheidshalwe nie na jou eie dinge hoef te kyk nie?

 

Jy is tien teen een ‘n baie goeie mens wat nooit iemand wil seermaak nie maar weet dit beter is om giftige vriendinne uit jou lewe te sny.  Begin deur solank jou tydjies met haar te verkort. Probeer om nie dadelik te spring as sy jou nodig het nie, sy moet self leer om haar probleme te hanteer.  Maak ‘n punt daarvan om te fokus op die positiewe dinge in jou lewe – veral jou verhouding.  Laastens maak seker dat jy ook aan jou eie probleme en drome aandag gee!