Dr. Elizma van der Smit clinical psychologist                      

Therapy for Individuals, Families and Couples                                                                                                     

       The Time Has Come!!! It is time to be better!!

Selfoonverslawing

 

Tekens van ‘n selfoonverslawing

 

Selfoonverslawings is ‘n groot werklikheid en vorm deel van dieselfde familie van ander verslawings.  Enigietes wat plesier in jou brein veroorsaak het die potensiaal om ‘n verslawing te word.  Verlies aan beheer is dan ook die belangrikste element in enige verslawing.

 

Hierdie selfassessering is nie bedoel om ‘n formele diagnose te wees nie, maar kan vir jou ‘n goeie aanduiding gee of jy rede tot kommer het:

 

1.      Vind jy dat jy meer tyd op jou foon spandeer at wat jy besef?

2.      Is die eerste en laaste aktiwiteit van jou dag op jou foon?

3.      Is jy geneig om die tyd om te kry deur op ‘n gereelde basis op jou foon te kyk eerder as om meer produktiewe dinge te doen?

4.      Vind jy dat jy meer tyd op jou foon spandeer as wat jy met mense in die werklike tyd spandeer?

5.      Het die tyd wat jy op jou foon spandeer toegeneem?

6.      Sal jy soms wens dat jy minder tyd op jou selfoon kon spandeer?

7.      Slaap jy met jou foon onder jou kussing of langs jou bed?

8.      Sal jy jou foon nagaan op alle ure van die dag of nag, selfs al onderbreek dit iets waarmee jy besig was?

9.      Gebruik jy jou foon terwyl jy bestuur of ander aktiwiteite doen wat jou fokus en konsentrasie vereis?

10.  Voel jy soms dat jou foon jou produktiwiteit verminder?

11.  Raak jy ongemaklik selfs wanneer jy vir ‘n kort rukkie sonder jou foon is?

12.  Het jy altyd jou foon by jou en raak jy ontsteld as jy perongeluk jou foon vergeet het, daar nie sein is nie of as dit in is vir herstelwerk?

13.  Is jou foon by jou wanneer jy aansit vir ete of wanneer jy badkamer toe gaan?

14.  As jou foon vibreer of geluid maak om ‘n boodskap of mail aan te teken, voel jy ‘n intense behoefte om te kyk wat dit is?

15.    Kry jy jouself dat jy jou foon nagaan herhaaldelike kere deur die dag, selfs al weet jy daar is waarskynlik niks belangriks om te sien nie?

16.  Hoor jy gereeld “dat jy te veel tyd op jou foon spandeer”?

 

Volgens sielkundiges is selfoonverslawings  vergelykbaar met die kliniese diagnose van ‘n dobbelprobleem.

 

Ten minste 4 van die volgende simptome is’n aanduiding dat jy aan jou foon verslaaf is en kan gevolglik baie skade in ‘n individu se lewe veroorsaak:

 

  • ‘n Behoefte om jou foon meer en meer te gebruik om dieselfde effek te bewerkstellig.
  • Herhalende mislukte pogings om jou selfoon minder te gebruik.
  • Preokkujpasie met jou foon.
  • Wend self na selfoon wanneer negatiewe gevoelens soos angs en depressie ervaar word.
  • Oormatige gebruik wat gekenmerk word deur ‘n verlies van tyd.
  • Oormatige gebruik het al probleme vir jou by jou werk of in jou verhouding veroorsaak.
  • ‘n Konstante behoefte aan die nuutste foon, apps of verhoogde gebruik.
  • Wanneer jy nie op jou foon kan kom nie, ervaar jy onttrekkings simptome wat insluit:
  •  

Ø  Woede

Ø  Spanning

Ø  Depressie

Ø  Geirriteerdheid

Ø  Rusteloosheid

 

Indien jy meer as 4 van die bolgende simptome beleef, kontak ‘n professionele persoon vir hulp.

 

Behadeling vir ‘n selfoonverslawing

 

  • Aanvaar dat daar ‘n probleem is.
  • Stel grense vir jouself. Sit jou foon op “silent” en skakel al die notifikasies af.  Stel ‘n tyd vas om jou foon na te gaan en hou daarby.
  • Uit die oog uit, uit die hart.  Sit jou foon op plek waar jy dit nie kan sien of hoor nie, vera in gesins- en werkstye.
  • Moenie saam met jou foon slaap nie.  Koop ‘n wekker.
  • Geen selfoon in die badkamer, eetkamer of slaapkamer.
  • Enige toestel kan misbruik word en matigheid is die sleutel.  Waardeer tegnologie maar voorkom dat dit jou lewe en verhoudings beheer.
  • Begin met klein stappies om onnodige gebruik te voorkom soos byvoorbeeld om nie die foon saam te neem badkamer toe nie.
  • Probeer om lekker dinge in jou tyd sonder jou foon te doen soos stap of gesels.
  • Herontdek jou gesin en jou vriende asook jou belangstellings.
  • Laai ‘n app af om jou te help om jou selfoontyd te verminder.  Breakfree en Menthal help jou om jou tyd te beperk en Coldturkey en Selfcontrol help jou om webwerwe te blok waarop jy te veel tyd spandeer.
  • Oefen ontspanningstegnieke om die “craving” na jou foon te hanteer.

 

Indien jy sukkel om bogenoemde aktiwiteite te implimenteer, oorweeg:

 

  • Individuele terapie met ‘n professionele persoon
  • Medikasie
  • Rehabilitasie klinieke

 

 

Opmerkings oor die onderwerp

 

  • Volgens Jaco du Plessis, ’n sosialemediaspesialis, gebeur dit toenemend dat mense se aanlyn identiteit vir hulle ’n werklikheid word, maw hul skep vir hulself ‘n valse werklikheid.“Ons sien dit onder tieners, maar ook onder volwassenes. Jy kan aanlyn voorgee om ’n lewe te leef wat ver van die werklikheid verwyder is. Mense plaas byvoorbeeld op Facebook dat hulle iewers was, maar in werklikheid het hulle net daar verbygery.”Hy beskou dit as ’n donker gat waarin mense al hoe dieper val.
  • Vir elke 100 uur wat jy op jou foon spandeer, verhoog jy jou kanse op breinkanker met 5%.
  • 40% van die bevolking is verslaaf aan hul fone.
  • 80% van mense wat simptome van selfoonverslawing ervaar, ervaar ook valse vibrasies en geluide op hul foon terwyl  niks gebeur het nie- amper soos spookpyne in ‘n ledemaat wat “verloor” is.
  • Mense wat aan selfone verslaaf is, “vergeet” hoe om in die werklikheid te leef.
  • Ouers wat te veel tyd op hul fone spandeer, is baie meer geneig om op hul kinders te skree.
  • ‘n Gemiddelde persoon kyk na sy foon ongeveer 110 keer per dag.  ‘n Selfoonverslaafde sal ongeveer 900 keer per dag na sy foon kyk.
  • 1 in 3 persone sal eerder seks as hul fone opgee.
  • Selfoonverslaafdes het ‘n groter kans om depressie of ander geestesversteurings te ontwikkel.
  • Jou foon het 18 keer meer kieme as ‘n toilet.
  • Jou kans om ‘n karongeluk te maak is 23 keer groter.  Dit is 6 keer gevaarliker as om dronk te bestuur.
  • http://www.addictiontips.net/phone-addiction/phone-addiction-facts/