Dr. Elizma van der Smit clinical psychologist                      

Therapy for Individuals, Families and Couples                                                                                                     

       The Time Has Come!!! It is time to be better!!

Stemlose hartseer

 

Deur Elizma van der Smit    B.A., B.A. Honns.,M.A. Klin. Psig. (PU vir CHO), M.Phill (PPL) (RAU)

 

 

1.Watter gevoelens word in die algemeen met die rouproses geassosieer?

 

Elkeen van ons kan rou op verskillende wyses en in verskillende grade ervaar.

Elizabeth Kubler-Ross het gevind dat die meeste mense 5 fases van rou ervaar.  Die eerste is ontkenningsfasewat gekenmerk word deur angs, skok en verwarring (dit is nie besig om met my te gebeur nie).  Soms word ook “geen” gevoelens ervaar.  Die volgende fase word gekenmerk deur woede en frustrasie (hoekom gebeur dit met my?).  Die verwardheid en onsekerheid word steeds ervaar tydens die fase van onderhandeling (ek belowe ek sal ‘n beter persoon wees as...)  Tydens die depressie-fase word gevoelens van moegheid, moedeloosheid, verminderde belangstelling, eet-en slaapprobleme ervaar (ek gee nie meer om nie).  Die laaste fase word gekenmerk deur aanvaarding (ek is reg vir wat ook al gaan gebeur).

In kort, emosies geassosieer met rou sluit in woede, skuldgevoelens, hulpeloosheid, hartseer, skok, gevoelloosheid, verlange, jaloesie en selfblamering.  Kognitief ervaar ons verwarring en ‘n gevoel van onwerklikheid.  Ons sukkel om te konsentreer en is gepreokkupeerd met ons verlies.  Ons kan ook sukkel om betekenis in die lewe en ons geloof te vind en baie vrae en onsekerheid ontwikkel. Ons huil dikwels en is geneig om ons te onttrek.


2.            In sommige gevalle word die verlies nie noodwendig deur die samelewing verstaan nie.  Hoe beinvloed dit die rouproses? Gebeur dit soms dat die rouproses agterwee bly en gevoelens onder die mat ingevee word omdat mense voel die samelewing verstaan nie hul gevoelens nie?

 

“Stemlose hartseer” is wanneer jou hart in rou is maar jy nie daaroor kan praat nie.  Dikwels kan ons nie hierdie pyn met ander deel nie aangesien dit “onaanvaarbaar”  is of dit word dalk gesien as “nie so erg nie”.  Dit kan die rouproses in so ‘ mate affekteer dat ons nie die proses kan voltooi nie en vashaak by een van die fases byvoorbeeld depressie en woede.  Wanneer pyn onderdruk word, kan dit nie genees nie en kan ook daarom ‘n negatiewe impak op ons emosionele en fisiese gesondheid he (byvoorbeeld siekte en depressive).

Bogenoemde “stemlose hartseer” beteken dat daar geen kaartjies, blomme of uitdrukkings van simpatie is nie.  Daar is niks wat jou verlies valideer nie en geen ritueel (byvoorbeeld begrafinis) wat jy kan gebruik om te rou met die ondersteuning van familie en vriende nie.   Die situasie word dan so pynlik dat ons nodig het om dit te onderdruk.  Aangesien ons nie die pyn ten volle kan verwerk nie kan dit aanleiding gee tot depressie, emosionele versteurings, die ontrekking van die samelewing, psigosomatiese siektes en ‘n lae selfbeeld.  Mense wie se hartseer nie erken word nie is ook meer geneig om substanse te misbruik en sukkel om gesonde verhoudings te handhaaf.  Eetversteurings kom ook gereeld voor.

Voorbeelde sluit in:

3.  In watter mate het ‘n mens die mense om jou se ondersteuning nodig wanneer jy rou?

Ondersteuning van mense om jou is ‘n integrale deel van die rouproses.  Dit weerhou ons van die sosiale isolasie, vervreemding en onttrekking wat so eie is aan die rouproses.  Dit maak ons pyn ligter en voorkom dat ons vashaak in die fases van woede en depressie.  Wanneer ons rou het ons iemand nodig om ons hand vas te hou, moed in te praat en praktiese dingetjies vir ons te doen wanneer ons nie self kan nie.  Mense se ondersteuning laat ons waardig en gewaardeerd voel – integrale emosies vir die verwerking van verlies.


4.  Hoe kan ‘n mens seker maak dat jy gesond rou?  Wat is die normale proses van rou as ander nie jou gevoelens verstaan nie?