Dr. Elizma van der Smit clinical psychologist                      

Therapy for Individuals, Families and Couples                                                                                                     

       The Time Has Come!!! It is time to be better!!

                       Sukkel jy met woedebeheer?

Hulp met woedebeheer          

Elizma van der Smit

 

Soms het ons almal leiding nodig oor hoe om ons woede beter te beheer – op ‘n vinnige en effektiewe manier en om sodoende nie toe te laat dat ons woede ons lewe beheer nie.  Kyk na die volgende:

  • Gaan stap en kry bietjie vars lug.  Soms is die beste ding wat jy kan doen om jouself uit ‘n moeilike situasie te verwyder.
  • Haal diep asem (hou jou tong teen jou verhemelte, maak jou maag vol lug, hou dit in vir 5 tellings, blaas jou asem uit – herhaal omtrent 8 keer).
  • Skep ‘n prentjie in jou verbeelding van ‘n gelukkige en rustige plek.  Verbeel jou jy is in die woud of langs die see.  Gebruik al jou sintuie, m.a.w. hoe voel dit daar, lyk dit daar, wat hoor jy ens.
  • Herhaal kalmerende frases soos “alles gaan ok wees”, “raak rustig”, “onthou om asem te haal”, ens.
  • Herevalueer jou situasie met die volgende vrae:

 

   1. Was dit regtig die persoon se intensie om my seer te maak?

   2.  Gaan dit steeds vir my saak maak 6 maande van nou af?

   3.  Is dit my energie die moeite werd?

 

  • Vra jouself af: “wat gebeur nou eintlik hier? Hoekom is ek kwaad?” (gaan dit oor skaamkry, skuldgevoelens, hartseer, moegheid ens.).  Hanteer dan die probleem wat geidentifiseer word.
  • Drink water of kruie tee (niks met kaffiëne in nie).

Maak gebruik van progressiewe ontspanning.  Fokus slegs op een groep spiere (soos voete), trek die spiere saam en ontspan dit.  Beweeg op na die volgende spiergroep (bv kuite).  Beweeg deur al die spiergroepe in jou liggaam vir ‘n diep vorm van ontspanning.

  • Wees bedag op jou gedagtes.  (kyk na denkfoute soos blamering, “alles is sleg”; “niemand gee om nie”, of “ek het die reg om my woede te wys op enige manier wat my pas”).  Sulke gedagtes moet reggestel word.
  • Spandeer tyd in die natuur en fokus op al jou sintuie om dit behoorlik in te neem.
  • Reik uit na positiewe mense in jou lewe en spandeer tyd met hul.
  • Tel tot 20 – dit gee die brein kans om te dink!
  • Kou bietjie kougom.
  • “Doen dit self”- massering (15 min twee keer per week).
  • Skryf jou gevoelens neer.  In ‘n dagboek of joernaal of op enige manier wat jou pas!
  • Luister na sagte, kalmerende musiek.
  • Geen epos of selfoon vir ‘n uur!
  • Maak skoon vir ‘n uur.
  • Spandeer tyd met jou troeteldier.
  • Gebruik ‘n stresbal.
  • Sny die gras of slaan ‘n slaansak.
  • Vryf liggies met jou vingers oor jou lippe (dit stimuleer die parasimpatiese senuweestelsel wat jou laat ontspan).
  • Wees by water.  Kyk na dit, swem in dit, drink dit!
  • Kies hoe jy jou woede gaan uitdruk en wat jy daarmee gaan doen.  Ja, dit is ‘n keuse!!
  • Is jy kwaad oor iets in die verlede?  Die toekoms?  Fokus op die huidige oomblik en op wat werklik vir jou belangrik is.
  • Maak jou oë toe en tel terug vanaf 20.
  • Gee jouself ‘n handmassering.
  • Haal asem in ‘n papiersak.
  • Oefen.
  • Raadpleeg professionele persone indien woede steeds ‘n probleem in jou lewe is!